Sunday, June 11, 2017

Dag Elf: Mokala Nasionale Park

(Terug na die begin van die storie)

Die volgende oggend sit ons die rit voort in die rigting van Kimberley. Ons laaste oorbly op hierdie reis sal vanaand by die Mokala ('kameeldoringboom' in Sotho) Nasionale Park wees. Dis ons enigste oorbly in 'n nasionale park en ek sien uit daarna om wild te kyk. Ons is nie daar bespreek nie, maar dis 'n Dinsdag buite seisoen, so daar behoort plek te wees.

Gedurende ons reis het ek 'n punt daarvan gemaak om 'n draai deur elke dorpie te ry en rond te kyk. Sommige dorpies lyk nie te sleg nie en floreer selfs, byvoorbeeld Victoria Wes, Richmond, De Wildt en die plekke op die R62. Maar ander dorpe soos Strydenburg is nie ver van 'n spookdorp word nie, en Hopetown kan mens sien kry swaar. Om in die Karoo te bly kos hare op jou tande.



Na 'n rits oponthoude veroorsaak deur padwerke draai ons af vir die laaste twintig kilometer Mokala toe. Die pad is erg sinkplaat en die vordering is stadig. Net voor vyf kom ons by die hek aan waar 'n glimlaggende jong amptenaar ons welkom heet. Het Meneer en Mevrou 'n bespreking? Nee, sê ons, maar ons sien uit om hier te kamp. Hy spring op sy radio en vra vooruit of daar kampplek is. Nee, kom die kortaf antwoord. Ons is vir 'n oomblik uitgeboul, en verneem toe of daar huisies beskikbaar is. Nog net een, sê die stem oor die radio. Teësinnig laat ons weet ons vat hom, want dit meen nou ons laaste nag van slaap in ons snoesige tent is daarmee heen.



Die huisie is gemaklik en die standaard soos mens verwag by 'n SANParks kampplek - prakties en netjies maar effe sonder karakter. Dis digby 'n watergat, en ons eet aandete buite terwyl ons vir diere uitkyk.

Die volgende oggend vroeg ry ons 'n draai deur die wildtuin voor ons die laaste skof Johannesburg toe aanpak. Dis reënerig maar ons sien verbasend baie wild, tot 'n renoster wat haastig deur die bosse stap en 'n troppie zebras in alle rigtings laat spaander. Die veld is voortreflik mooi en welig, en die watergate is almal vol.

Kimberley kom en gaan, an daarna volg die dorpies mekaar ritmies op, wat die tyd gou laat verbygaan. Rondom Bothaville oes boere hard aan die geil mielielande wat van horison tot horison strek. Rye trokke staan by die graansuiers en wat om hul vragte af te laai. Dit gaan goed in die Wes-Vrystaat.

So om en by vier-uur ry ons by ons straat in. Adeline herinner my vir die hoeveelste keer dat die Landrover te hoog is vir die garage. Ons stop, en sommer dadelik tree ek 'n paar verbygangers aan om my te help om die dakrak met die tent op af te lig en in die garage te sit. Ses mense kry dit net-net reg. Hierdie gedoente is swaar!

In die garage druk ons vir die laaste keer die ons die Bundutop se "op" knoppie om hom oop te maak.  Ek voel skoon lus om nog een keer in hom te slaap, so lekker was die afgelope drie weke. Ek kamp al veertig jaar lank, maar hierdie was die lekkerste tentvakansie ooit.

Ons maak weer so.

Saturday, June 10, 2017

Dag Tien: Melton Wold Gasteplaas

Die volgende dag ry ons vroeg met die hoop dat ons 'n lekker plaasontbyt in 'n koffiewinkel op Suid Afrika se sterredorp, Sutherland sal kry. Maar die hoop staan beskaamd. Na twintig minute se op-en-af ry in Sutherland sien ons nie een oop eetplek nie. Die wat daar is, lyk maar redelik gehawend en nie eintlik verwelkomend nie. Dis seker maar buite seisoen of 'n bietjie vroeg, besluit ons, en ry verder in die rigting van Fraserburg.


Die pad tussen Sutherland en Loxton via Fraserburg is a lang grondpad van by die 150km, omring deur wye Karoo-vistas. Van eergister af kom ons agter dat ons op die voorpunt van een van die winter se eerste kouefronte ry - as ons agtertoe kyk, Kaap se kant toe, is die lug oopgetrek behalwe vir 'n paar vlieswolkies. Maar vorentoe is dit omtrent heeltemal bewolk en kort-kort ry ons in koue motrëen in. Dis lekker ryweer en die grondpad is doodstil, so ons stop baie langs die pad om die wêreld te bekyk.

Net voor Victoria-Wes is die Melton Wold Gasteplaas uitdraai. Die plaas is 'n klassieke oase in die Karoo, kompleet met palmbome, plate riete waar nattigheid is, en lang rye reusagtige populierlanings. Ons stop voor 'n statige gastehuisgebou met 'n oudtydse tuin hekkie en 'n leiklip paadjie wat tot by die voordeur lei.


In die voorportaal word ons vriendelik deur die eienares, Ronél ontvang. Sy vertel ons dat Melton Wold die oudste gasteplaas in Suid Afrika is. Hul gasvryheid hier strek terug tot in 1938, sê sy, en gee ons 'n interessante geskiedenispamflet van die plaas. Sy wys ons twee of drie van die ruim, netjiese gastekamers wat presies nog lyk soos vyftig jaar terug. Die dekor voer my terug na my vakansiedae saam met my ouers, toe hotelkamers nog radioboksies gehad het waarmee mens Sprinbok Radio en die Afrikaanse Diens kon luister.

Sy beduie waar die kampterrein is, 'n ent weg van die gastehuis.



Dis 'n yslike, oop stuk grasperk so groot soos twee rugbyvelde omring deur stok-ou wilge en dennebome. Behalwe vir een ander egpaar met 'n waentjie en 'n daktent is ons die enigste kampers. Ons kampplek is eenvoudig - 'n lekker groot vuurmaakplek, 'n kraan met heerlike water en 'n kragpunt. Die netjiese en moderne ablusieblok is buitengewoon ruim, waarskynlik kom groterige groepe gereeld hier uitspan.




Daar's ook 'n bielie van 'n plaasdam met helderskoon water om in af te koel in die warm somermaande, maar nou steek ons nie eens ons groottone in die koue water nie.


Ons het skaars begin vuurmaak toe steek 'n rukwind op - weereens een van die maaksels van die koue front wat ons agtervolg. Dit begin motreën, en ons maak ons kits-afdak weer staan. Hy't klaar meer sy kooprys op hierdie reis verdien, want dit vat eerlikwaar omtrent twintig sekondes om hom oop te maak. Gelukkig bedaar die wind en rëen en gee ons kans om klaar te eet en reg te maak vir die bed. Ons was skaars in die bed toe dit weeropsteek, hierdie keer met mening. Soos tydens Anysberg se storm beweeg die Bundutop en die afdakkie skaars. Terwyl ek indommel wens ek myself en Adeline weereens geluk met ons prysenswaardige kampeer beleggings.

Friday, June 9, 2017

Dag Nege: Verlatenkloof Gasteplaas

Dis amper tyd vir ons om stadigaan die pad terug Gauteng toe aan te pak. Na drie dae se oorstaan by Adeline se sussie in Pringlebaai begin ons die reis huistoe. Ons het drie dae om terug ry, dis dus nie nodig om te jaag nie. Ons probeer weereens hoofpaaie vermy en is verlig toe ons die N1 by Matjiesfontein verlaat en op die doodstil teerpad Sutherland toe afdraai.Net voor skemer ry ons by die Verlatenkloof Vakansieplaas in en maak die Landrover staan in hul klein kampterreintjie - daar's net drie staanplekke hier. Dis baie, baie droog, en die veld teen die rante uit is skakerings van rooi en geel soos selfs die karooplante begin moed opgee.


Die kampplek is stowwerig van die droogte en ons pak net die nodigste uit. Omrede die boorgate baie laag is, ruik die water sterk na swael wat mens afsit van stort, en ons is bly dat ons 'n spaar kan drinkwater saamry. Die ablusieblok het ook aandag nodig - dit lyk of Verlatenkloof eens groot planne vir akkomodasie gehad het, maar die plan nie volgehou het nie, want als lyk ietwat verwaarloos. Ons het nietemin 'n stil, salige aand, en na en ons kruip vroeërig in.

Thursday, June 8, 2017

Dag Agt: Fynbos Gasteplaas

Met geen besprekings vir die volgende twee aande nie besluit ons om onbeplan in Tulbagh se rigting te ry. Daar aangekom stap ons deur die vier museums in die historiese Kerkstraat ('n billike R15 ingangsfooi). Die eeste museum is die Aardbewing Museum, ter herinnering aan die 1969 aardskudding wat groot dele van Tulbagh, Ceres en die omgewing in puin gelê het.



Klaar met die museums besluit ons om 'n ou gunsteling te besoek vir middagete: die Paddagang restaurant. Ons het jare laas hier geëet, maar sonder om eers na die spyskaart te kyk bestel ons smoorsnoek, een van Paddagang se spesialiteite. Baie apologeties en effents skaam verduidelik die kelnerin dat die nuwe restaurant-eienaars nie meer tradisionele geregte op die spyskaart het nie. Hm. Dis jammer. Ons ry weer uit op een van die mooie valleipaaie opsoek na 'n lekker eetplek. 'n Paar kilometer uit Tulbagh ry uit ons by die Rijks Country House verby en besluit om hier by hul restaurant middagete te eet. Dis een van ons beste eet-besluite op die reis sover, want mense, die kos is fantasties! Adeline se viskoekies is vars en geurig, en vir my is die wenner die nagereg, wortelkoek roomys. Jammer Paddagang, maar hierdie is ons nuwe eetplek wanneer ons in Tulbagh se omgewing is.


Klaar geëet, vra ons op Facebook se Kamp-Mal groep vir aanbevelings waar om vanaand te kamp. Dis nie lank nie of die antwoord verskyn: Fynbos Gasteplaas. Ons is bly om te sien dis minder as 10km vanwaar ons tans is, so 'n halfuur later begin ons kamp opslaan op een van Fynbos se beskutte kampstaanplekke.



Ons is weereens die enigstes in die kampterrein, en behalwe vir 'n mak Suidooster wat waai is dit stil en rustig. Die eienaar, Peter, is duidelik 'n kuns en dekor entoesias - die ablusieblok is uniek en keurig versier, en is amper die standaard wat jy by 'n vierster selfsorghuisie sal verwag. 'n Groot deel van die plaas 'n afgestaan om te sorg vir diere wat gered is van mishandeling. Ons meander deur die plaaswerf en sien verskillende soorte voëls, perde, 'n paar varke, 'n klompie Llamas en Alpacas, en 'n troppie Springbokke.



Die plek is 'n plesier vir die oog en veral mense wat hou van tuinmaak sal lekker hier kuier, en weggaan met 'n paar idees.

Wednesday, June 7, 2017

Dag Sewe: Tweede Tol

Voor ons wegry bel ons Cape Nature en hulle bevestig dat daar kampplek is by Tweede Tol in Bainskloof. Ek was jare gelede as 'n student laas daar en wil graag sien hoe dit verander het. Destyds was dit nie veel meer as 'n stukkie grasperk en 'n paar braaiplekke nie, en ek onthou die rustigheid en skoonheid van die natuur.


Ons kruie rustig voort deur 'n handjievol gehuggies, eet middagete op Swellendam, en ry dan via Worcester tot in Wellington en Bainskloof. Tweede Tol het nou 'n yslike heining om met 'n groot staalhek voor, en die kampterrein is uitbrei stroomop in die vallei in. Dit is amper vol, maar ons kry steeds 'n lekker ruim staanplek tussen 'n groep studente aan die een kant en twee buitelandse toeriste wat in 'n omskepte verkoeltrokkie die land vol toer.


Ek pak die kampgoed uit terwyl Adeline die ablusieblok gaan bekyk. Intussen ry twee driejarige toekomstige renjaers raserig hulle plastiek motorfietse op en af voor ons kampplek verby. Ek oorweeg dit 'n oomblik lank om die fietse te saboteer maar bedink my. Adeline kom terug, en aan die suur uitdrukking op haar gesig kan ek sien dat sy nie beindruk is met die ablusie-fasiliteite nie. Ek gaan loer by die mans-kant in, en besluit dat ek liefs nie vanaand sal stort nie. Die toilette en wasbakke kom uit Noag se ark, oral lê plasse water en die plek ruik al te aardig. Dis duidelik nie in die afgelope paar dae skoongemaak nie.

Hopelik gaan dit môre beter, want dan's dit die einde van die naweek.

Die volgende oggend sit ons langs die Landrover in ons kampstoele en kyk hoe die res van die kampterrein oppak om te vertrek. Weereens klop ek myself op die skouer met ons tentbesluit: Nie een van die kampeerders kom weg voor twaalf-uur weg nie, ten spyte daarvan dat hulle reeds douvoordag begin oppak het.

Toe die laaste kampeerders wegry sak 'n salige stilte oor die kampterrein toe.  Maar dis nie lank nie of ons gewaar 'n nuwe onheiligheid: 'n Trop bobbejane begin metodies die asdromme omstamp en aas aan enigiets eetbaar. Op 'n stadium loop ek om die kar, en toe ek weer by die tafel kom, sit 'n uitgevrete bobejaanmannetjie pens en pootjies op die tafelblad besig om 'n koekblik met Adeline se tuisgemaakte gemmerkoekies oop te maak. Hoe meer ek skree en tekere gaan, hoe minder steur hy hom aan my. Sy dreigende houding sê ook duidelik dat hy nie met hom laat sukkel nie, en dis eers toe ek 'n koppie vol koffie in sy rigting slinger dat hy gesteurd padgee terwyl hy my verwoed aangluur.

Ons besluit daar en dan om ons vier-dag oorstaan kort te knip en ons reis voort te sit. Ons het ook skaars begin ry of Adeline is op Tripadvisor en gee Tweede Tol 'n een-ster resensie.

Tuesday, June 6, 2017

Dag Ses: Grootvadersbos Natuurreservaat

Na twee dae se oorstaan en uitrus by Anysberg durf ons weer die pad aan. Dis 'n lang grondpad met mooi panoramas tot op Montagu waar ons stop om iets te eet, en dan aanry met die gewilde R62 tot in Barrydale waar ons stop om ons wynvoorraad aan te vul.

Net na vier stop ons by Grootvadersbos waar ons bespreek is om twee nagte te vertoef. Ons druk die interkomknoppie by die hek herhaaldelik en bel die kantoornommer, maar niemand antwoord nie. Naderhand vra ons twee kinders wat agter die hek rondspeel om iemand te gaan roep. Na meer as 'n halfuur se gewag kom 'n bakkie aangery en ons word deur 'n taamlike bot kamp-amptenaar ingelaat.

Grootvadersbos het tien staanplekke, en nege is reeds vol toe ons daar aankom. Ons staanplek is so skuins dat ek nie ander keuse het nie as om die Landrover met sy neus in die lug staan te maak. Die kamplek is in 'n klein opening tussen digte struike en nie vreeslik gemaklik nie, maar ons berus ons.  Die ablusie is 'n hele ent weg van die kampplek en effens klein vir die hoeveelheid kampeerders daar.

Na die vrede van Anysberg is 'n kampterrein vol skreeuende kinders 'n aanpassing vir ons. So ons vat maar die pad en gaan stap 'n vyf-kilometer staproete deur die kloof-woud. Dis 'n steil op-en-af roete, maar pragtig lowergroen en ryk aan voëllewe.


Die volgende oggend stap 'n omie oor en bekyk die Bundutop. Hy vra uit, en teen die tyd dat hy loop weet ek hy gaan reguit terug na sy kampplek om sy vrou te begin bearbei sodat hy ook een te kry.

Monday, June 5, 2017

Dag Vyf: Anysberg Natuurreservaat

Omdat ons kampterrein 'n boomkoepel het, is ons tweede battery die volgende oggend voor ons ry dolleeg, en ek moet eers die Landrover 'n ruk laat loop om die battery te laai sodat ons die daktent kan laat sak. Ek wonder wat sal gebeur as ons heeltemal sonder batterykrag sit  en ons nie die tent kan op- or afgeslaan kry nie...


Voor ons die lang grondpad Anysberg - ons volgende kampeerplek - aandurf, maak ons 'n draai in Laingsburg om na die Vloedmuseum te kyk. Dis 'n klein maar goedbestuurde museumpie wat die storie vertel van die vloed wat 'n groot deel van Laingsburg weggespoel het toe die Buffelsrivier in 1981 skielik afgekom het. Talle mense het verdrink, en oorlewendes het tot sover as die Floriskraaldam, 20km weg uitgespoel en is daar gered.



Anysberg moet seker tel as een van die mees afgeleë kampplekke in Suid Afrika. Dis letterlik 'in die middel van nérens' - die naaste dorpe, Montagu en Laingsburg, is elk sowat sewentig stamperige  grondpadkilometers ver weg. Maar die ry is die moeite werd - die kampplekke is die gerieflikste van almal waar ons tot dusver gebly het.



Ons het probeer om twee nagte oor te bly by Anysberg, maar kon net plek kry vir die eerste nag. Dis egter so ongelooflik mooi hier dat ons pleit by die vriendelike kamphoof of daar nie dalk 'n kans is dat ons nog 'n nag kan bly nie. Gelukkig is daar iemand wat gekanseleer het, so ja, ons kan twee nagte bly.

Ek vra of Anysberg onlangs rëen gehad het. Ja, sê Marius, die kampbestuurder, en hy loer deur die venster. Hy't gehoor dit rëen op Robertson, wat beteken daar sal so oor twee ure 'n donderstorm hier val. Ek kyk skepties na die horison. Daar's 'n paar wolke so groot soos die spreekwoordelike man se hand, maar niks meer nie.

Daar is vyf kampeerplekke, maar ons is die enigste inwoners die eerste nag. Die kampplekke is van mekaar geskei met 2m-hoë houtheinings vir privaatheid, met 'n kraan naby en vuurmaakplek, tafel en 'n lekker groot sonsambreel. Die ablusieblok lyk splinternuut en daar's regtig niks om oor te kla nie.

Laatmiddag gaan stap ons 'n ent. Ons het net 'n paar honderd meter gevorder met die sanderige grondpaadjie langs toe begin die wind opsteek. Nie ver van ons af nie hang slierte rëen uit die wolke op pad na ons toe. Ons draai om en stap vinnig terug kamp toe. Driekwart-pad daar begin die eerste druppels neerplof. Toe ons by die kampplek aankom gryp ek 'n bottel witwyn, glase en 'n pak chips, en ons zip onsself toe in die tent net toe die hemele met mening oopmaak.



En so beleef ons albei vir die eerste maal in ons lewens 'n behoorlike Karoo donderstorm, kompleet met rukwinde, sluiers rëen en strome roesbruin water wat deur die kampplek stroom. Die Bundutop staan vas en beweeg skaars, en ons bly kurkdroog deur die hele storm. Toe die rëen bedaar klim ons kaalvoet uit en gaan plas soos kinders in die strome water wat deur die veld loop rond. Daar's min dinge wat so vars en heuglik ruik soos die Karoo na 'n ordentlike bui rëen! En die beste van als is dat ons blyplek sy eerste ware toets met lof geslaag het.

Friday, June 2, 2017

Dag Vier: Porcupine Camping Ground

Die volgende oggend is ons vroegerig weg om die Sewewekepoort aan te durf. Eers stop ons op Calitzdorp vir 'n bottel wyn or twee by die plaaslike kelder, en vul dan ons voorraad gedroogte vrugterolle aan by 'n padstalletjie. Anderkant Calitzdorp ry ons eers deur die Huisriverpas en draai dan af op die grondpad wat deur die nou gleuf van Sewewekepoort kronkel. Die stopplekke hier, in teenstelling met die goed ontwikkelde afdraaiplekke in Meiringspoort, is sonder geriewe en baie van hulle is bestrooi met rommel. Dis 'n jammerte op so besonderse roete.


Anderkant die berg is dit nog so dertig kilometer grondpad tot by Porcupine Camping Ground, ons oorstaanplek vir die volgende twee nagte. Ons word hartlik deur die plaaseienaars, Allan en JoyClack ontvang. Ons boomryke kampplek is op die oewer van 'n droë rivierloop, weg van ander kampeerders. Dis die eerste kampplek waar ons ons eie opelug badkamer het, en dis nie lank nie toe arriveer die Allan om die donkie waterverwarmer te kom stook.


Die kampplek is goed toegerus maar het nie elektriese punte of beligting nie. Instede het hulle 'n paar redelike gehawende paraffienlampe waarvan, vind ons later uit, nie een werk nie. Gelukkig het ons ons eie beligting so dis nie 'n probleem nie.

Ons ry die volgende dag Gamkakloofdam toe, so vyftig kilometer weg. Ons was al voorheen daar, maar voor ons gekom het, het ons gehoor die dam is al geruime tyd dolleeg. Die nou, klipbesaaide grondpad na die dam toe loop deur die Bosluiskloofpas, 'n stukkie grondpad wat net-net nie kwalifiseer as 'n 4x4 roete nie.



Die omgewing om die dam is verlate en leeg behalwe vir 'n paar verlepte selfsorghuisies. En ja, behalwe vir 'n klompie klein watergate waar babers nog borrels blaas,en 'n modderpoel reg voor die wal is die dam dolleeg.


Dis 'n aardige gevoel om op 'n vlakte van gebarste modder wat strek so ver die oog kan sien te staan. Ons loop tot in die middel van die dam. Dis doodstil hier, en onwillekeurig voel ek of ek moet bid vir reën. Later voor ons die terugtog aanpak ontmoet ons 'n Waterwese ingenieur wat vertel hoe leeg al die damme van die omgewing is. Môre sal ons by die Floriskraaldam verby ry, en dié dam, sê die ingenieur, is 14% vol - so goed as leeg.

Thursday, June 1, 2017

Dag Drie: Gamkaberg Natuurreservaat

Ons klim stram-stram die volgende dag uit die tent en beskou die wêreld. Die blare van die populierbos lê so dik op die grond dat mens nie al die kamplekke kan uitmaak nie, maar daar kan nie meer as vier of vyf wees nie. Daar's nie veel hier om voor te talm nie en dis nog nie eers nege-uur toe ons weer in die pad val op pad Meiringspoort toe. Gevolgtrekking - El Yolo One dien sy doel as 'n oornagplek, maar nie veel meer nie.

Ons trek 'n paar keer af in die indrukwekkende en dramatiese Meiringspoort om skoene uit te trek en met ons voete in die yskoue bergstroomwater te sit. Dis ook uitstaande kiekie-wêreld dié, en ek spandeer heelwat tyd om fotos te neem en bietjie te eksperimenteer met my visooglens.



Toe ons deur die poort is debateer ons of ons by die Groenfontein grondpad gaan afdraai, en of ons gaan aanry en aansluit by die R62 tot waar die pad uitdraai na die Gamkaberg Natuurreservaat waar ons vanaand gaan oorstaan. Ons bel die selnommer vir Gamkaberg om te hoor hoe laat hulle toemaak, maar dit klink na 'n verkeerde nommer. So ons hou maar met die teerpad langs, versigtig vir laatkom na gisteraand se misrekening.

Dis net na drie-uur die middag toe ons voor die Gamkaberg Natuurreservaat se hek stop. Daar's niemand om vir ons oop te maak nie, en ons bel weer, met dieselfde gevolgtrekking. Gelukkig kom 'n bakkie aan van die ander kant af - die kampopsigter het ons stellig reeds lank sien aankom vanuit sy huis teen die berghang. Dit blyk dat ons die verkeerde nommer gebel het. Ons fout.


Die kampplek by Gamkaberg is goed ingerig en amper pynlik netjies. Daar is net twee kampplekke, en ons is die enigste inwoners vir vanaand. Elke kampplek het 'n sementblad vir tentopslaan, 'n afdakkie met twee gemakstoele en 'n lekker groot hout tafel. Net oorkant ons kampplek is 'n gerieflike gemeenskaplike braai-area, en ons besluit dis waar ons vanaand gaan kosmaak. Die ablusieblok is 'n ent se stap met 'n beligte voetpaadjie weg maar is skoon en modern. Die uitsig oor die omringende  Karoo-berge uit die tent is voortreflik.

Dis 'n stil, wolklose aand. Nadat ons elkeen 'n smul lekker bord groentebredie uit ons bloedrooi driepootpotjie  genuttig het, skakel ek al ligte in die kampplek af om 'n foto te neem van die Melkweg. Voor ek gaan inkruip sit ek 'n rukkie die heelal en beskou. Hoe bevoorreg is ons om die hemelruim so perfek te kan sien hier in die Kleinkaroo!

Die volgende oggend word ons vroeg gegroet deur 'n alomteenwoorde Janfrederik, 'n paar s
Spekvretertjies en 'n ongewoon mak Bokmakierie. Dis nog 'n vreugde van kamp - om elke oggend die kampeerterrein se voëls te ontmoet.



Ons staan twee aande oor hier, en besluit om vandag die grondpaaie waarvoor ons nie gister tyd gehad het nie te gaan verken. Ons ry deur skilderagtige valleie met vrugteboorde wat pryk in herfskleure van vele skakerings. Ons eet middagete by Kobus se Gat, 'n eetplekkie aan die voet van die Swartbergpas. Die pas het kort gelede verspoel, verneem ons, en is gesluit. Dis 'n jammerte, van dié pas is vir my een van die mees skilderagtige roetes in Suid Afrika. Ons draai half-bek-af om en ry stadig terug kampplek toe.

Saturday, May 27, 2017

Dag Twee: El Yolo One Guest Farm

Die volgende oggend lê ons ekstra lank in ons nuwe slaapplek op die Landrover se dak en koffie drink terwyl ons kyk hoe die stoom oor die Gariepdam se water stadig begin lig. Ons het altwee soos klippe geslaap, en stem saam ons eerste nag in die tent was 'n groot sukses. Teen die tyd dat ons gebrekfis en ablusies gedoen het is dit net na tien. En daar's 'n paar honderd kilometer grondpad wat op ons wag....

Dit help ook nie dat ons eers stop op Richmond en saam met vriende ietsie eet en drink by die Richmond Café nie.

Richmond se hoofstraat.


Dis al heelwat na middagete toe ons die grondpad in die rigting van die Swartberge vat. Teen die tyd dat ons deur die stil hoofstraat van Murraysburg ry en weer die vlaktes aandurf op pad Rietbron toe begin dit al skemer raak.



Langs die pad verdwyn eers die kragpale, toe die telefoondraad, en toe die grensdrade. 'n Tyd lank oorweeg ons dit om sommer die plat veld in te ry en iewers te kamp, maar ons het 'n reeds betaalde bespreking by die El Yolo One Gasteplaas naby Klaarstroom, nog 'n goeie 200km verder. Toe ons sel-opvangs op 'n kol kry bel ons hulle. Jammer, ons gaan laat wees, baie laat.

Ek het nog nooit van grondpad in die donker gehou nie, en nou is nie 'n uitsondering nie. Nie 'n kilometer gaan verby sonder dat daar 'n haas, Duiker of Koedoe verskrik voor die karligte begin uithardloop en ek moet aankruie tot die dier sy rigting die veld in kry. Ons ry in die donkerte deur Rietbron, en is gelukkig om net-net die die unieke Springbok windaanwyser op die kerktoring te kan uitmaak. Na Rietbron begin die toestand van die pad stadigaan verswak, en teen die tyd dat ons deur die Soetendalspoortpas gaan, bokspring die Landrover so rond deur die talle droë maar erg verspoelde driffies dat ek nòg stadiger moet ry om te keer dat ons omdop.

Dis al lank na tien-uur toe ons by El Yolo One se hek indraai. Dan is dit nog 'n paar kilometer van vierstrek grondpad voor ons by die pikdonker hoofgebou stop. Daar's nêrens 'n teken van 'n kampplek nie, en ons is weer op die foon na die eienaar. Hy verduidelik die pad - in ons oordeel nie baie goed gemerk nie, en uiteindelik spoor ons die populierbos op waar die kampplek is. Dis hier ook stikdonker, en die kampplek is nie veel meer as 'n oop stukkie grond met 'n braaiplek en 'n kraan nie.

Die ablusieblok is gesluit, en die ligte is almal iewers afgesit ope 'n plek wat ons nie kan vind nie. Ons is weer op die foon na die eienaar. Jammer, maar hy kry nie antwoord by die opsigter nie, sê hy apologeties. Brommerig sit ons die nodigste uit, lig die Bundutop en maak reg vir slaap. Net toe kom 'n bakkie deur die bome aangery. Dis 'n buurman wat 'n sleutel het vir die ablusieblok en weet waar om die ligte aan te skakel. Ons neem elkeen 'n yskoue stort maar is te moeg om kos te maak en val sommer dadelik in die bed.


El Yolo One
EL Yolo One kampeerplek.

Dag een: Aventura Gariep Dam

Ons is vroegdag uit Johannesburg. Die plan is om die N1 te ry tot by Gariepdam en dan daar oor te slaap. Ons het niks daar bespreek nie, maar die Aventura oord se kampplek lyk heel aantreklik, so dis die mikpunt.

Dis 'n weeksdag buite vakansie, so die pad is stil en ons vorder goed. Laatmiddag draai ons by die Aventura oord in en klop by die ontvangslokaal aan. Die vriendlike man agter die toonbank sê ja, daar's hope plek, ons kan die staanplek naaste aan die dam se waterkant kry.

Soos 'n hond wat lêplek soek draai ons die Landrover dan hierdie kant toe, dan soontoe hom seker te maak ons het die beste uitsig oor die dam uit die tent as ons moreoggend wakker word. Dis mos deel van die prys wat ons betaal: 'n uitsig vanuit al vier kante van die tent. Die staanplek is 'n lekker dik grasperk, met elektrisiteit en 'n gerieflike braaiplek. Die ablusieblok is 'n bietjie verouderd maar ruim en skoon. Meeste van die ander kampers is oumense in 'motorhomes' en groot karavane, en die hele tyd wat ons daar staan het ek die ablusieblok vir myself.

Die eerste opslaan van die tent verloop glad: Adeline druk die 'op' knoppie, en siedaar! ons het slaapplek vir die nag. Die sagte brom van die motortjie wat die opslaan doen draai 'n paar koppe van ander kampeerders, maar andersins trek ons nie veel aandag nie.



Die tent voldoen volkome aan ons verwagtinge. Dis snoesig, ruim en gerieflik met die ingeboude liggie en 12V kragpunt. Ons gaan slaap vroegerig, en voor jy kan sê 'daktent' is ons altwee in droomland.


Ons gradering: 7/10
Gaan ons terugkom? Ja


Kampeer / Camping Stories

Note to English-speaking visitors: I've done the camping in South Africa blog entries in Afrikaans, for the simple reason that most people who camp in South Africa are in fact Afrikaans-speaking. Perhaps it's the Voortrekker frontiersmen heritage that keeps them yearning to move from place to impermanent place. Perhaps it's their instinct for adventure and the wild outdoors. In a nation of less than four million Afrikaans-speakers, there's enough media space for about a dozen outdoor magazines - five of which are published in Afrikaans. But don't fear, Google Translate is your friend. I hope you enjoy reading about what a wonderful country South Africa is to explore while camping!


Ons kamp nou ernstig


Ek en Adeline was nog nooit eintlik kampers nie. Wel, ja, ons het so nou in dan 'n tent saamgekarring op 'n familievakansie, maar dit was teen wil en dank, want die gesamentlike besluit was altyd: Ons kamp. So ons moet maar saam kamp. Maar die feit dat mens altyd so vuil en gesweet is na tent op-en-afslaan dat jy van vooraf moet stort en skoonmaak het ons nooit aangestaan nie.

Ons was altyd nog huisie-mense. Die huisies van SANparks, KZN Wildlife en ander plekke is dié waar ons nog altyd oorgebly en vakansie gehou het. Maar deur die jare het die pryse opgekruip tot die punt waar ek myself afgevra het of 'n bed, badkamer en kombuis rêrig R1000 of meer 'n nag werd is.

Ons is gladnie sleepmense nie, so 'n boswa of a ding is buite die kwessie. Ek het al teveel gesien hoe spook en spartel kampers met waens om die ding staan te maak - kamp opslaan vat maklik 'n uur of twee vir hulle tyd. So dit was nie die oplossing nie.

Nie lank gelede het ons op 'n skou die antwoord raakgesien: 'n Daktent vir mense soos ons. Die Bundutop is nie net ruim, en gerieflik nie, maar hy't 'n eienskap wat hom 'n wenner maak: Hy slaan elektries op. Jy druk 'n knoppie, en tien sekondes later staan jou tent reg. Die Landrover is ook sommer aansienlik leër omdat ons al ons beddegoed in hom kon sit.


Natuurlik is die outjie nie goedkoop nie. En na die nuwe dakrak, ekstra battery, Howling Moon Swing Awn, batterystelsel en sonpaneel bygegetel is sal ek maar nie sê wat dit ons gekos het om kampgereed te wees nie. Om nie te praat van die fênsie hyskraan wat ek by die huis sal moet opsit om die gedoente op en af van die voertuigdak te kry nie. Dit gaan 'n paar jaar se kamp kos om die kostes te verhaal, maar nou's ons twee professionele kampers!

In Mei 2017 was ons vier weke gelede weg op die eerste uittoets van ons nuwe kamp slaapplek - 'n drie-weke-lange grondpad toer deur die Karoo. Ons het 'n paar kampplekke bespreek, maar ander dae sou ons sommer net kyk waar ons kom.

Hier's die verhaal van ons, die langpad en die Bundutop.

Thursday, December 29, 2016

The joys of hosting an AirBnB place

It's now just on two years that we have been on AirBnB, where we host the Aloe Cottage, our one bedroom garden apartment. At last count, visitors from 26 countries have stayed with us.

Now, let me say up front, running an AirBnB place is hard work.



That's if you're serious about it, which most AirBnB hosts aren't. A while ago we had to relocate a guest after we had an unexpected power outage. We contact five or six AirBnB hosts in the area, and only two bothered to reply, the one only two days later. In the end we booked them into a guest house, because we simply weren't sure of the quality we'd get at the available AirBnB places.

A few weeks ago Adeline spent a weekend in Cape Town and stayed at an AirBnB place. She should have known it was going to be less than ideal when most of the online reviews complained about the intermittent wi-fi. But she didn't expect to open the door one morning and see the host's husband prancing around in his boxers! The same host approached Adeline afterwards, asking for tips on how to improve her rating. Start by dressing your husband properly in the morning, and then invest in an uncapped ADSL line, Adeline said.

Spring cleaning the cottage after each guest, doing laundry, and being on point when they arrive - sometimes hours later than they said they'd pitch up - is hard work. To be sure, we spoil our guests, which adds to the chores. There's juice on arrival, flowers, a bottle of wine, a bowl of fruit and a jar of cookies, and that's only a partial list of extras. Recently guests of ours who were traveling the world asked about hairdressers and dentists, and we booked their appointments. We've run many guests to Gautrain station a few kilometers away, just to save them the Uber ride.



With the number of AirBnB places growing in double digits, you have to go the extra mile to be on top.

But the work that one has to put in is far outstripped  by the sheer pleasure derived from seeing guests enjoying their stay. How do you know  your guests are having fun? Here's a clue: If a young couple checks in after a long flight and don't show up for three days, you know they're happy :). If you see a guests sitting under a tree in the garden with a laptop, catching up on their blogging, you know they're content. I mean, they could also be sitting in a coffee shop, but they choose not to.

Here are a few of the things we find guests are most appreciative of, and will help ensure a glowing review after they've left.

- The one thing most guests mention is our garden. We don't have a large, expansive garden, but there are five water features, which I think are the things that attract attention.

- A well-equipped kitchen. It's really just a small nook with a plate stove, fridge and microwave, but we can see the utensils, pots and pans are well-used, especially by those staying for more than a few days. (Which is also why we went to Mr Price Home this weekend and replaced the worn utensils!)

- The informal lecture on what to see, where eat, and what to do. We have a full range of brochures, but find that the 'knowledge sharing' we do is much appreciated. We've even worked out a country-wide road trip for a German couple who wanted to tour SA.

- Reliable Internet. This is really a given, but nothing makes a guest turn nasty like dodgy or no Internet access.

- A largish table. We have a six seater table in the kitchen/dining room, and we see guests with their laptops all the time. Basically, they appreciate work space.

- Safe, off-street parking. Especially in Joburg!

- Flexible check-in. From experience we know how much it means when you arrive on a 6am flight in a foreign city with the knowledge that you can check into an AirBnB place straight away. We've had guests arrive at all hours, and seeing the relief on their faces when we open the door shows they appreciate that flexibility.



Sunday, September 20, 2015

A short drive through Johannesburg's history

This is a little tour guide written for the out-of-town guests staying in our pretty cottage we have on AirBnB. It describes the route from the cottage to the Apartheid Museum. I thought I'd share it here, for those interested in some of the lesser known history of Joburg.

__________

If you intend driving or taking a taxi from the cottage to the Apartheid Museum, there are a number of interesting things on the route to see, both historically and present-day. The route runs through some of the oldest suburbs of Johannesburg and places where gold was first discovered during the 1870s.

It’s hardly a ’tourist route’ but nonetheless interesting and quite scenic in its own way.

We recommend you drive this route slowly to get the most out of what you’ll see along the way. It’ll take about 30 minutes or so at a leisurely speed.

When leaving the cottage, turn right in Indra street at the first four way crossing. Drive down Indra street, past two four way stops to a T-junction. Turn left, and immediately enter a roundabout. Leave the roundabout on the opposite side and onto the railway bridge. On top of the railway bridge turn right, and at the traffic light right again.

Follow this street (Albertina Sisulu Road) up to a traffic light where you’ll turn left. At the traffic light, look to your right - this is the Langlaagte rail station, and the exact spot where a famous Afrikaner military leader during the Anglo Boer War, General De la Rey, was mistakenly shot dead in his car at a road block set up to catch the Foster Gang, a notorious group of robbers, in 1914. The incident is the stuff of legends, and conspiracy theories that he was set up by the government of the day because of his rebellious behaviour. You'll notice a grey marble plaque on the wall commemorating the tragic event.



After you’ve turned left carry on for a few hundred meters, following the road where it veers to the right. Turn left where the road intersects, into a street lined with poplar trees on both sides. Careful here, there are speedbumps in the road!

On the right you’ll see an old Dutch Reformed (Protestant) church which is one of the oldest in Johannesburg.



The cornerstone of this historic church was laid in March 1889, but the Boer War delayed completion and it was only inaugurated on 12 December 1902. The founder of the Abraham Kriel Orphanage on the opposite side of the street, Rev. Abraham Kriel, was the first minister at the church and served from 1902-1917, he is buried with his wife in the grounds of the church.

Soon you’ll get to a set of traffic lights. If you look to your right, diagonally across you'll notice a fairly plain entrance gate.


This marks the spot where gold was discovered for the first time in Johannesburg in 1886, changing the fate of South Africa forever.



Cross over and onto another rail bridge - through some bluegum trees ahead you’ll the autumn-coloured calabash shape of FNB Stadium (also known as Soccer City), built for the 2010 FIFA World Cup. As you drive along prepare to pass underneath another rail bridge, and keep an eye on the top right part of the bridge. You’ll notice a piece of graffiti that reads: "Comrade Hani, our nation weeps”. "Comrade Hani" refers to Chris Hani, a revered ANC leader during Apartheid that was assassinated in 1993 by rightwing activists.

After going underneath the bridge, you’ll notice on the right one of Johannesburg’s characteristic but disappearing landmarks - a yellow sand mining dump. There used to be dozens of these dotting much of Gauteng province, but most have been recycled and the sand used for various purposes.

Soon afterwards you’ll pass underneath a bridge and see the 90 000 seater stadium in front of you. If you have time you can pause and visit the stadium, or turn right at the traffic light just after the bridge. The stadium is used mainly for football matches but also for music concerts - early in 2014 we watched Bruce Springsteen perform here!

After you've turned right at the traffic light, the road does a full circle onto the top of the bridge. Follow the road for two or three kilometers. You’re now passing through land still owned by mining companies. Almost all of the mines here have closed down - look out for the ruins of one such mine on the left.

At the next set of traffic lights turn right. You’ll now pass the offices of De Beers Diamond Company and the research facilities of the gold mining conglomerate Anglo American, again signs of the history of mining in this area. About a kilometer on keep an eye out for the road sign showing where you’ll turn left for the Apartheid Museum and Gold Reef City. Turn left into a slipway and follow the road past a set of traffic lights. After that you’ll see the large entrance for Gold Reef City on the left, and again to the left, after passing through it, the parking lot of the Museum.

We hope you enjoyed the drive!



Sunday, September 6, 2015

New arrival in the garden....

A few days ago I went to my local camera shop, took out the family jewels, and exchanged them for a Sigma 120-300mm 2.8 lens. For about three weeks I'd read up reviews, enlisted opinions from photographer friends, looked at hundreds of photos taken with this beast of a lens, and it the general opinion was that it was the next best thing to forking out six figures (in Rands) for a Canon of the same range and quality. But most of all, I asked Adeline what she thought. And when she said, just go and buy the damn thing, well, that's what I did.

It's a monster of a camera lens. I haven't weighed it, but it's not the sort of lens you take on the Camino de Santiago (read what I took with on that little 46-day excursion here) unless you're looking to develop serious back-aches. Nope, I didn't get it with a view to traveling far; I got it for birding and wildlife photography, which in South Africa means anywhere from my back garden to the Kruger National Park, which is only a six hour drive a way, plus at least a dozen wildlife reserves inbetween.

My timing for acquiring the lens was good - our resident garden Cape Robin had given birth to a youngster just a few days prior, and soon the little one was driving us insane with its incessant, high-pitched tweeting for food. The parents were constantly flying back and forth with morsels of insects and worms, and dropping it into a seemingly bottomless gullet that could never get enough to eat.So I set up my Manfrotto tripod on the verandah, mounted my new lens onto the Canon 5D MkIII and waited to see if I could catch Cape Robin feeding time on camera.



For the first try I added in the Sigma 2x extender, but at 5pm the light was simply not enough to ensure a sharp photo. For the next try, two days later, I took off the extender and stuck with the lens only, which was more successful. The resulting photo was a mix of luck and preparedness. There was literally a half-second window opportunity between Mrs Cape Robin arriving with lunch, Junior opening wide, and mum dropping in a yummy piece of earthworm.



I didn't do much to the snapshot in Lightroom afterwards, just the usual bit of cropping and sharpening. And there you have it. My investment has started paying for itself, perhaps not in Rands and cents, but certainly in photographic satisfaction.

But most of all, we're happy that the Cape Robin lineage is continuing in the garden - the Robins have a more of less permanent spot in the hedge where they return to breed every year. And now I can start a family album of photographs!

Saturday, September 5, 2015

Stories from the Camino de Santiago: The Carrefour Town

'The next town,' says Adeline while studying her iPad screen without breaking her five kilometer-an-hour stride, 'is a Carrefour town.'

'What's the town called?'

'I don't know, but it's a Carrefour town. It says so on the map. There's a little icon here.'

It's five in the afternoon, and I'm famished. We still have four kilometers to go along a brilliantly white and perfectly flat strip of gravel road that runs through the fading green wheat fields west of Burgos, ending at the next little pinpoint of civilisation, where we'll bivouac for the night. Since the last town, the paced crunch of our trail runners on the gravel path we're on has been slowly diminishing, like two steam locomotives nearing a station.

For the past five days our evening meal choices have been limited to that old culinary Camino standard, the peregrino menu. I'm amazed to think back now, after 800 kilometers, how absolutely standardised, ritualistic and exceptionally bland  the peregrino menus are all along the road. Order the ensalada mixta, the staple first course on the menu at Pamplona, you get lettuce, tomato, onion, and with slight variations boiled eggs and asparagus. Order it in Estella, you get ditto. And more of the same in Hontanas, Astorga, right down to Santiago. Little or no dressing, no condiments. I dare say that even the author of the Codex Calixtinus, bless his pilgrim soul, probably ate the same tired recipe on his pilgrimage tour, eight hundred years ago.

Which is why we're looking forward to the Carrefour town where, before we shower, wash clothes, or even take our trusty trail runners,  we'll drop our packs at the entrance of the Carrefour and stock up on dinner goodies. Sure, its over-lit, ample shelves are filled mostly with pre-packaged, radiated food prepared by a faceless international conglomerate who probably buys hot-house grown lettuce by the metric ton from corporate-owned farms, but we don't care. Why?

It's simple. Because Carrefour's gazpacho is the smoothest, richest, yummiest gazpacho you'll ever taste this side of the Pyrenees. Throw in a generous slice of goat's cheese (we're happy if it's local, but we'll settle for something imported from Italy) and a chunk of freshly baked pan and you'll see us kicking back on Adeline's sky-blue sarong on a lawn in a scenic park, or on a park bench next to a romanesque church, contently slurping from our green plastic mugs in-between mouths-full of tangy cheese and bread.

The rumour that, on the Camino, the pilgrim's journey is a fruitless search for culinary delight may be largely true, but there are notable exceptions, such as those you'll find in Carrefour towns. Go on, be a devil. Be different. Succumb.

Follow the first fifteen days of our Camino trip, starting here.

Camino de Santiago Day Fifteen: Monreal to Puente la Reina: Goodbye, Aragones

We left Monreal chirpy and well rested. It's our final day on the Camino Aragones before we join the pilgrim river at Puente La Reina. Up to now the road has been wonderfully quiet, serene and remote in large parts. It'll be a new, rather more social experience from tomorrow, and we'll just go with the flow.




We'd not had a particularly early start and soon the sun was burning down on us from a cloudless sky. In one village we walked through a digital sign laconically announced that we're walking in 31 degree heat. Our hydration packs worked overtime. Long stretches of the farm roads we we're on were shadeless. It was taxing.

At one point we were glad to see the pillared hulk of the must-see Eunate church appear ahead of us, with the promise of its dark, cool inside to rest in and escape the sun.


Except that it was Monday, and we found the church locked and deserted. (Note to Spanish authorities, Pilgrims want to see churches on Mondays too, you know). So we were left to huddle for a few minutes under a sparse olive tree before continuing our hot trek to Puenta La Reina.


Along a particularly long and scorching stretch close to Puenta La Reina we were surrounded by bare, ploughed fields both sides of the dusty track we were on. 'What we need right now,' I said to Adeline between wiping beads of sweat from my face, 'Is someone to turn a watering hose on us to cool down.' Suddenly, out of the blue, the irrigating system start shooting long arms of water into the air on the field next to us. We didn't need an invitation - we both ran onto the field like kids and within two minutes we were soaked to the skin. I'm not making this up. This is the stuff that happens on the Camino.




I'd be lying if I said entering Puenta La Reina after a long trek of 35 kilometers wasn't somewhat of a shock. Every second building seems to be an albergue, with socks, towels and garments dangling from window sills. Petite pilgrim girls in sarongs, their pristine feet removed from their leather sandals daintily sat on the lawns, nibbling on goat's cheese and bread while reading well-thumbed copies of Brierleys. Almost everone we saw was a pilgrim. Moreover, they all looked fresh-faced and pink-cheeked. Our sun-burnt, sweat-stained and dusty demeanours stood out. We'd been on the road more than twice as long as most, and judging by the stares it must've showed.

I'm glad we'd opted to start in Lourdes and complete the Aragones route before tackling the long, well-trodden path to Santiago de Compostela. It had given us the chance to get a head start and savour the culture and history of the old pilgrim routes while being gently introduced into the mores, ethics and quirks of daily life as modern pilgrims.

Later we settled at a bar on one of Puenta La Reina's lively streets and drank a toast to the Camino Aragones. It had been tough going, but very, very rewarding. We felt ready for the next chapter. It's on we go.



POSTSCRIPT

We carried on yes, right through to Santiago. And even by bus to Kilometer Zero, Finisterre. But I stopped blogging once we got to Puente la Reina. I wanted to just take in the rest of the road without having to think about writing. I made some notes from which a story or two may still flow, but this is it for now. Now, get online and book an air ticket, go walk the Camino. Now.