(Terug na die begin van die storie)
Die volgende oggend sit ons die rit voort in die rigting van Kimberley. Ons laaste oorbly op hierdie reis sal vanaand by die Mokala ('kameeldoringboom' in Sotho) Nasionale Park wees. Dis ons enigste oorbly in 'n nasionale park en ek sien uit daarna om wild te kyk. Ons is nie daar bespreek nie, maar dis 'n Dinsdag buite seisoen, so daar behoort plek te wees.
Gedurende ons reis het ek 'n punt daarvan gemaak om 'n draai deur elke dorpie te ry en rond te kyk. Sommige dorpies lyk nie te sleg nie en floreer selfs, byvoorbeeld Victoria Wes, Richmond, De Wildt en die plekke op die R62. Maar ander dorpe soos Strydenburg is nie ver van 'n spookdorp word nie, en Hopetown kan mens sien kry swaar. Om in die Karoo te bly kos hare op jou tande.
Na 'n rits oponthoude veroorsaak deur padwerke draai ons af vir die laaste twintig kilometer Mokala toe. Die pad is erg sinkplaat en die vordering is stadig. Net voor vyf kom ons by die hek aan waar 'n glimlaggende jong amptenaar ons welkom heet. Het Meneer en Mevrou 'n bespreking? Nee, sê ons, maar ons sien uit om hier te kamp. Hy spring op sy radio en vra vooruit of daar kampplek is. Nee, kom die kortaf antwoord. Ons is vir 'n oomblik uitgeboul, en verneem toe of daar huisies beskikbaar is. Nog net een, sê die stem oor die radio. Teësinnig laat ons weet ons vat hom, want dit meen nou ons laaste nag van slaap in ons snoesige tent is daarmee heen.
Die huisie is gemaklik en die standaard soos mens verwag by 'n SANParks kampplek - prakties en netjies maar effe sonder karakter. Dis digby 'n watergat, en ons eet aandete buite terwyl ons vir diere uitkyk.
Die volgende oggend vroeg ry ons 'n draai deur die wildtuin voor ons die laaste skof Johannesburg toe aanpak. Dis reënerig maar ons sien verbasend baie wild, tot 'n renoster wat haastig deur die bosse stap en 'n troppie zebras in alle rigtings laat spaander. Die veld is voortreflik mooi en welig, en die watergate is almal vol.
Kimberley kom en gaan, an daarna volg die dorpies mekaar ritmies op, wat die tyd gou laat verbygaan. Rondom Bothaville oes boere hard aan die geil mielielande wat van horison tot horison strek. Rye trokke staan by die graansuiers en wat om hul vragte af te laai. Dit gaan goed in die Wes-Vrystaat.
So om en by vier-uur ry ons by ons straat in. Adeline herinner my vir die hoeveelste keer dat die Landrover te hoog is vir die garage. Ons stop, en sommer dadelik tree ek 'n paar verbygangers aan om my te help om die dakrak met die tent op af te lig en in die garage te sit. Ses mense kry dit net-net reg. Hierdie gedoente is swaar!
In die garage druk ons vir die laaste keer die ons die Bundutop se "op" knoppie om hom oop te maak. Ek voel skoon lus om nog een keer in hom te slaap, so lekker was die afgelope drie weke. Ek kamp al veertig jaar lank, maar hierdie was die lekkerste tentvakansie ooit.
Ons maak weer so.
Showing posts with label sanparks. Show all posts
Showing posts with label sanparks. Show all posts
Sunday, June 11, 2017
Dag Elf: Mokala Nasionale Park
Labels:
4x4,
bundutoptorism,
caming,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
kimberley,
mokala,
sanparks,
south africa
Saturday, June 10, 2017
Dag Tien: Melton Wold Gasteplaas
Die volgende dag ry ons vroeg met die hoop dat ons 'n lekker plaasontbyt in 'n koffiewinkel op Suid Afrika se sterredorp, Sutherland sal kry. Maar die hoop staan beskaamd. Na twintig minute se op-en-af ry in Sutherland sien ons nie een oop eetplek nie. Die wat daar is, lyk maar redelik gehawend en nie eintlik verwelkomend nie. Dis seker maar buite seisoen of 'n bietjie vroeg, besluit ons, en ry verder in die rigting van Fraserburg.
Die pad tussen Sutherland en Loxton via Fraserburg is a lang grondpad van by die 150km, omring deur wye Karoo-vistas. Van eergister af kom ons agter dat ons op die voorpunt van een van die winter se eerste kouefronte ry - as ons agtertoe kyk, Kaap se kant toe, is die lug oopgetrek behalwe vir 'n paar vlieswolkies. Maar vorentoe is dit omtrent heeltemal bewolk en kort-kort ry ons in koue motrëen in. Dis lekker ryweer en die grondpad is doodstil, so ons stop baie langs die pad om die wêreld te bekyk.
Net voor Victoria-Wes is die Melton Wold Gasteplaas uitdraai. Die plaas is 'n klassieke oase in die Karoo, kompleet met palmbome, plate riete waar nattigheid is, en lang rye reusagtige populierlanings. Ons stop voor 'n statige gastehuisgebou met 'n oudtydse tuin hekkie en 'n leiklip paadjie wat tot by die voordeur lei.
In die voorportaal word ons vriendelik deur die eienares, Ronél ontvang. Sy vertel ons dat Melton Wold die oudste gasteplaas in Suid Afrika is. Hul gasvryheid hier strek terug tot in 1938, sê sy, en gee ons 'n interessante geskiedenispamflet van die plaas. Sy wys ons twee of drie van die ruim, netjiese gastekamers wat presies nog lyk soos vyftig jaar terug. Die dekor voer my terug na my vakansiedae saam met my ouers, toe hotelkamers nog radioboksies gehad het waarmee mens Sprinbok Radio en die Afrikaanse Diens kon luister.
Sy beduie waar die kampterrein is, 'n ent weg van die gastehuis.
Dis 'n yslike, oop stuk grasperk so groot soos twee rugbyvelde omring deur stok-ou wilge en dennebome. Behalwe vir een ander egpaar met 'n waentjie en 'n daktent is ons die enigste kampers. Ons kampplek is eenvoudig - 'n lekker groot vuurmaakplek, 'n kraan met heerlike water en 'n kragpunt. Die netjiese en moderne ablusieblok is buitengewoon ruim, waarskynlik kom groterige groepe gereeld hier uitspan.
Daar's ook 'n bielie van 'n plaasdam met helderskoon water om in af te koel in die warm somermaande, maar nou steek ons nie eens ons groottone in die koue water nie.
Ons het skaars begin vuurmaak toe steek 'n rukwind op - weereens een van die maaksels van die koue front wat ons agtervolg. Dit begin motreën, en ons maak ons kits-afdak weer staan. Hy't klaar meer sy kooprys op hierdie reis verdien, want dit vat eerlikwaar omtrent twintig sekondes om hom oop te maak. Gelukkig bedaar die wind en rëen en gee ons kans om klaar te eet en reg te maak vir die bed. Ons was skaars in die bed toe dit weeropsteek, hierdie keer met mening. Soos tydens Anysberg se storm beweeg die Bundutop en die afdakkie skaars. Terwyl ek indommel wens ek myself en Adeline weereens geluk met ons prysenswaardige kampeer beleggings.

accommodation,
bundutop,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
melton wold,
sanparks,
south africa,
tourism
Subscribe to:
Posts (Atom)