Die volgende oggend is ons vroegerig weg om die Sewewekepoort aan te durf. Eers stop ons op Calitzdorp vir 'n bottel wyn or twee by die plaaslike kelder, en vul dan ons voorraad gedroogte vrugterolle aan by 'n padstalletjie. Anderkant Calitzdorp ry ons eers deur die Huisriverpas en draai dan af op die grondpad wat deur die nou gleuf van Sewewekepoort kronkel. Die stopplekke hier, in teenstelling met die goed ontwikkelde afdraaiplekke in Meiringspoort, is sonder geriewe en baie van hulle is bestrooi met rommel. Dis 'n jammerte op so besonderse roete.
Anderkant die berg is dit nog so dertig kilometer grondpad tot by Porcupine Camping Ground, ons oorstaanplek vir die volgende twee nagte. Ons word hartlik deur die plaaseienaars, Allan en JoyClack ontvang. Ons boomryke kampplek is op die oewer van 'n droë rivierloop, weg van ander kampeerders. Dis die eerste kampplek waar ons ons eie opelug badkamer het, en dis nie lank nie toe arriveer die Allan om die donkie waterverwarmer te kom stook.
Die kampplek is goed toegerus maar het nie elektriese punte of beligting nie. Instede het hulle 'n paar redelike gehawende paraffienlampe waarvan, vind ons later uit, nie een werk nie. Gelukkig het ons ons eie beligting so dis nie 'n probleem nie.
Ons ry die volgende dag Gamkakloofdam toe, so vyftig kilometer weg. Ons was al voorheen daar, maar voor ons gekom het, het ons gehoor die dam is al geruime tyd dolleeg. Die nou, klipbesaaide grondpad na die dam toe loop deur die Bosluiskloofpas, 'n stukkie grondpad wat net-net nie kwalifiseer as 'n 4x4 roete nie.
Die omgewing om die dam is verlate en leeg behalwe vir 'n paar verlepte selfsorghuisies. En ja, behalwe vir 'n klompie klein watergate waar babers nog borrels blaas,en 'n modderpoel reg voor die wal is die dam dolleeg.
Dis 'n aardige gevoel om op 'n vlakte van gebarste modder wat strek so ver die oog kan sien te staan. Ons loop tot in die middel van die dam. Dis doodstil hier, en onwillekeurig voel ek of ek moet bid vir reën. Later voor ons die terugtog aanpak ontmoet ons 'n Waterwese ingenieur wat vertel hoe leeg al die damme van die omgewing is. Môre sal ons by die Floriskraaldam verby ry, en dié dam, sê die ingenieur, is 14% vol - so goed as leeg.
Showing posts with label gamkaberg. Show all posts

Friday, June 2, 2017
Thursday, June 1, 2017
Dag Drie: Gamkaberg Natuurreservaat
Ons klim stram-stram die volgende dag uit die tent en beskou die wêreld. Die blare van die populierbos lê so dik op die grond dat mens nie al die kamplekke kan uitmaak nie, maar daar kan nie meer as vier of vyf wees nie. Daar's nie veel hier om voor te talm nie en dis nog nie eers nege-uur toe ons weer in die pad val op pad Meiringspoort toe. Gevolgtrekking - El Yolo One dien sy doel as 'n oornagplek, maar nie veel meer nie.
Ons trek 'n paar keer af in die indrukwekkende en dramatiese Meiringspoort om skoene uit te trek en met ons voete in die yskoue bergstroomwater te sit. Dis ook uitstaande kiekie-wêreld dié, en ek spandeer heelwat tyd om fotos te neem en bietjie te eksperimenteer met my visooglens.
Toe ons deur die poort is debateer ons of ons by die Groenfontein grondpad gaan afdraai, en of ons gaan aanry en aansluit by die R62 tot waar die pad uitdraai na die Gamkaberg Natuurreservaat waar ons vanaand gaan oorstaan. Ons bel die selnommer vir Gamkaberg om te hoor hoe laat hulle toemaak, maar dit klink na 'n verkeerde nommer. So ons hou maar met die teerpad langs, versigtig vir laatkom na gisteraand se misrekening.
Dis net na drie-uur die middag toe ons voor die Gamkaberg Natuurreservaat se hek stop. Daar's niemand om vir ons oop te maak nie, en ons bel weer, met dieselfde gevolgtrekking. Gelukkig kom 'n bakkie aan van die ander kant af - die kampopsigter het ons stellig reeds lank sien aankom vanuit sy huis teen die berghang. Dit blyk dat ons die verkeerde nommer gebel het. Ons fout.
Die kampplek by Gamkaberg is goed ingerig en amper pynlik netjies. Daar is net twee kampplekke, en ons is die enigste inwoners vir vanaand. Elke kampplek het 'n sementblad vir tentopslaan, 'n afdakkie met twee gemakstoele en 'n lekker groot hout tafel. Net oorkant ons kampplek is 'n gerieflike gemeenskaplike braai-area, en ons besluit dis waar ons vanaand gaan kosmaak. Die ablusieblok is 'n ent se stap met 'n beligte voetpaadjie weg maar is skoon en modern. Die uitsig oor die omringende Karoo-berge uit die tent is voortreflik.
Dis 'n stil, wolklose aand. Nadat ons elkeen 'n smul lekker bord groentebredie uit ons bloedrooi driepootpotjie genuttig het, skakel ek al ligte in die kampplek af om 'n foto te neem van die Melkweg. Voor ek gaan inkruip sit ek 'n rukkie die heelal en beskou. Hoe bevoorreg is ons om die hemelruim so perfek te kan sien hier in die Kleinkaroo!
Die volgende oggend word ons vroeg gegroet deur 'n alomteenwoorde Janfrederik, 'n paar s
Spekvretertjies en 'n ongewoon mak Bokmakierie. Dis nog 'n vreugde van kamp - om elke oggend die kampeerterrein se voëls te ontmoet.
Ons staan twee aande oor hier, en besluit om vandag die grondpaaie waarvoor ons nie gister tyd gehad het nie te gaan verken. Ons ry deur skilderagtige valleie met vrugteboorde wat pryk in herfskleure van vele skakerings. Ons eet middagete by Kobus se Gat, 'n eetplekkie aan die voet van die Swartbergpas. Die pas het kort gelede verspoel, verneem ons, en is gesluit. Dis 'n jammerte, van dié pas is vir my een van die mees skilderagtige roetes in Suid Afrika. Ons draai half-bek-af om en ry stadig terug kampplek toe.

Labels:
4x4,
accommodation,
africa,
bundutop,
camping,
capenature,
gamkaberg,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
off the beaten track,
outdoors,
south africa,
tourism
Subscribe to:
Posts (Atom)