Die kampplek is stowwerig van die droogte en ons pak net die nodigste uit. Omrede die boorgate baie laag is, ruik die water sterk na swael wat mens afsit van stort, en ons is bly dat ons 'n spaar kan drinkwater saamry. Die ablusieblok het ook aandag nodig - dit lyk of Verlatenkloof eens groot planne vir akkomodasie gehad het, maar die plan nie volgehou het nie, want als lyk ietwat verwaarloos. Ons het nietemin 'n stil, salige aand, en na en ons kruip vroeërig in.
Friday, June 9, 2017
Dag Nege: Verlatenkloof Gasteplaas
Dis amper tyd vir ons om stadigaan die pad terug Gauteng toe aan te pak. Na drie dae se oorstaan by Adeline se sussie in Pringlebaai begin ons die reis huistoe. Ons het drie dae om terug ry, dis dus nie nodig om te jaag nie. Ons probeer weereens hoofpaaie vermy en is verlig toe ons die N1 by Matjiesfontein verlaat en op die doodstil teerpad Sutherland toe afdraai.Net voor skemer ry ons by die Verlatenkloof Vakansieplaas in en maak die Landrover staan in hul klein kampterreintjie - daar's net drie staanplekke hier. Dis baie, baie droog, en die veld teen die rante uit is skakerings van rooi en geel soos selfs die karooplante begin moed opgee.
Die kampplek is stowwerig van die droogte en ons pak net die nodigste uit. Omrede die boorgate baie laag is, ruik die water sterk na swael wat mens afsit van stort, en ons is bly dat ons 'n spaar kan drinkwater saamry. Die ablusieblok het ook aandag nodig - dit lyk of Verlatenkloof eens groot planne vir akkomodasie gehad het, maar die plan nie volgehou het nie, want als lyk ietwat verwaarloos. Ons het nietemin 'n stil, salige aand, en na en ons kruip vroeërig in.
Die kampplek is stowwerig van die droogte en ons pak net die nodigste uit. Omrede die boorgate baie laag is, ruik die water sterk na swael wat mens afsit van stort, en ons is bly dat ons 'n spaar kan drinkwater saamry. Die ablusieblok het ook aandag nodig - dit lyk of Verlatenkloof eens groot planne vir akkomodasie gehad het, maar die plan nie volgehou het nie, want als lyk ietwat verwaarloos. Ons het nietemin 'n stil, salige aand, en na en ons kruip vroeërig in.
Labels:
accommodation,
bundutop,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
off the beaten track,
outdoors,
south africa,
tourism,
verlatenkloof
Thursday, June 8, 2017
Dag Agt: Fynbos Gasteplaas
Met geen besprekings vir die volgende twee aande nie besluit ons om onbeplan in Tulbagh se rigting te ry. Daar aangekom stap ons deur die vier museums in die historiese Kerkstraat ('n billike R15 ingangsfooi). Die eeste museum is die Aardbewing Museum, ter herinnering aan die 1969 aardskudding wat groot dele van Tulbagh, Ceres en die omgewing in puin gelê het.
Klaar met die museums besluit ons om 'n ou gunsteling te besoek vir middagete: die Paddagang restaurant. Ons het jare laas hier geëet, maar sonder om eers na die spyskaart te kyk bestel ons smoorsnoek, een van Paddagang se spesialiteite. Baie apologeties en effents skaam verduidelik die kelnerin dat die nuwe restaurant-eienaars nie meer tradisionele geregte op die spyskaart het nie. Hm. Dis jammer. Ons ry weer uit op een van die mooie valleipaaie opsoek na 'n lekker eetplek. 'n Paar kilometer uit Tulbagh ry uit ons by die Rijks Country House verby en besluit om hier by hul restaurant middagete te eet. Dis een van ons beste eet-besluite op die reis sover, want mense, die kos is fantasties! Adeline se viskoekies is vars en geurig, en vir my is die wenner die nagereg, wortelkoek roomys. Jammer Paddagang, maar hierdie is ons nuwe eetplek wanneer ons in Tulbagh se omgewing is.
Klaar geëet, vra ons op Facebook se Kamp-Mal groep vir aanbevelings waar om vanaand te kamp. Dis nie lank nie of die antwoord verskyn: Fynbos Gasteplaas. Ons is bly om te sien dis minder as 10km vanwaar ons tans is, so 'n halfuur later begin ons kamp opslaan op een van Fynbos se beskutte kampstaanplekke.
Ons is weereens die enigstes in die kampterrein, en behalwe vir 'n mak Suidooster wat waai is dit stil en rustig. Die eienaar, Peter, is duidelik 'n kuns en dekor entoesias - die ablusieblok is uniek en keurig versier, en is amper die standaard wat jy by 'n vierster selfsorghuisie sal verwag. 'n Groot deel van die plaas 'n afgestaan om te sorg vir diere wat gered is van mishandeling. Ons meander deur die plaaswerf en sien verskillende soorte voëls, perde, 'n paar varke, 'n klompie Llamas en Alpacas, en 'n troppie Springbokke.
Die plek is 'n plesier vir die oog en veral mense wat hou van tuinmaak sal lekker hier kuier, en weggaan met 'n paar idees.

camping,
fynbos guest farm,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
south africa,
tulbagh
Wednesday, June 7, 2017
Dag Sewe: Tweede Tol
Voor ons wegry bel ons Cape Nature en hulle bevestig dat daar kampplek is by Tweede Tol in Bainskloof. Ek was jare gelede as 'n student laas daar en wil graag sien hoe dit verander het. Destyds was dit nie veel meer as 'n stukkie grasperk en 'n paar braaiplekke nie, en ek onthou die rustigheid en skoonheid van die natuur.
Ons kruie rustig voort deur 'n handjievol gehuggies, eet middagete op Swellendam, en ry dan via Worcester tot in Wellington en Bainskloof. Tweede Tol het nou 'n yslike heining om met 'n groot staalhek voor, en die kampterrein is uitbrei stroomop in die vallei in. Dit is amper vol, maar ons kry steeds 'n lekker ruim staanplek tussen 'n groep studente aan die een kant en twee buitelandse toeriste wat in 'n omskepte verkoeltrokkie die land vol toer.
Ek pak die kampgoed uit terwyl Adeline die ablusieblok gaan bekyk. Intussen ry twee driejarige toekomstige renjaers raserig hulle plastiek motorfietse op en af voor ons kampplek verby. Ek oorweeg dit 'n oomblik lank om die fietse te saboteer maar bedink my. Adeline kom terug, en aan die suur uitdrukking op haar gesig kan ek sien dat sy nie beindruk is met die ablusie-fasiliteite nie. Ek gaan loer by die mans-kant in, en besluit dat ek liefs nie vanaand sal stort nie. Die toilette en wasbakke kom uit Noag se ark, oral lê plasse water en die plek ruik al te aardig. Dis duidelik nie in die afgelope paar dae skoongemaak nie.
Hopelik gaan dit môre beter, want dan's dit die einde van die naweek.
Die volgende oggend sit ons langs die Landrover in ons kampstoele en kyk hoe die res van die kampterrein oppak om te vertrek. Weereens klop ek myself op die skouer met ons tentbesluit: Nie een van die kampeerders kom weg voor twaalf-uur weg nie, ten spyte daarvan dat hulle reeds douvoordag begin oppak het.
Toe die laaste kampeerders wegry sak 'n salige stilte oor die kampterrein toe. Maar dis nie lank nie of ons gewaar 'n nuwe onheiligheid: 'n Trop bobbejane begin metodies die asdromme omstamp en aas aan enigiets eetbaar. Op 'n stadium loop ek om die kar, en toe ek weer by die tafel kom, sit 'n uitgevrete bobejaanmannetjie pens en pootjies op die tafelblad besig om 'n koekblik met Adeline se tuisgemaakte gemmerkoekies oop te maak. Hoe meer ek skree en tekere gaan, hoe minder steur hy hom aan my. Sy dreigende houding sê ook duidelik dat hy nie met hom laat sukkel nie, en dis eers toe ek 'n koppie vol koffie in sy rigting slinger dat hy gesteurd padgee terwyl hy my verwoed aangluur.
Ons besluit daar en dan om ons vier-dag oorstaan kort te knip en ons reis voort te sit. Ons het ook skaars begin ry of Adeline is op Tripadvisor en gee Tweede Tol 'n een-ster resensie.

4x4,
accommodation,
bainskloof,
bundutop,
camping,
capenature,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
off the beaten track,
tweede tol
Tuesday, June 6, 2017
Dag Ses: Grootvadersbos Natuurreservaat
Na twee dae se oorstaan en uitrus by Anysberg durf ons weer die pad aan. Dis 'n lang grondpad met mooi panoramas tot op Montagu waar ons stop om iets te eet, en dan aanry met die gewilde R62 tot in Barrydale waar ons stop om ons wynvoorraad aan te vul.
Net na vier stop ons by Grootvadersbos waar ons bespreek is om twee nagte te vertoef. Ons druk die interkomknoppie by die hek herhaaldelik en bel die kantoornommer, maar niemand antwoord nie. Naderhand vra ons twee kinders wat agter die hek rondspeel om iemand te gaan roep. Na meer as 'n halfuur se gewag kom 'n bakkie aangery en ons word deur 'n taamlike bot kamp-amptenaar ingelaat.
Grootvadersbos het tien staanplekke, en nege is reeds vol toe ons daar aankom. Ons staanplek is so skuins dat ek nie ander keuse het nie as om die Landrover met sy neus in die lug staan te maak. Die kamplek is in 'n klein opening tussen digte struike en nie vreeslik gemaklik nie, maar ons berus ons. Die ablusie is 'n hele ent weg van die kampplek en effens klein vir die hoeveelheid kampeerders daar.
Na die vrede van Anysberg is 'n kampterrein vol skreeuende kinders 'n aanpassing vir ons. So ons vat maar die pad en gaan stap 'n vyf-kilometer staproete deur die kloof-woud. Dis 'n steil op-en-af roete, maar pragtig lowergroen en ryk aan voëllewe.
Die volgende oggend stap 'n omie oor en bekyk die Bundutop. Hy vra uit, en teen die tyd dat hy loop weet ek hy gaan reguit terug na sy kampplek om sy vrou te begin bearbei sodat hy ook een te kry.

grootvadersbos,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
off the beaten track,
south africa
Monday, June 5, 2017
Dag Vyf: Anysberg Natuurreservaat
Omdat ons kampterrein 'n boomkoepel het, is ons tweede battery die volgende oggend voor ons ry dolleeg, en ek moet eers die Landrover 'n ruk laat loop om die battery te laai sodat ons die daktent kan laat sak. Ek wonder wat sal gebeur as ons heeltemal sonder batterykrag sit en ons nie die tent kan op- or afgeslaan kry nie...
Voor ons die lang grondpad Anysberg - ons volgende kampeerplek - aandurf, maak ons 'n draai in Laingsburg om na die Vloedmuseum te kyk. Dis 'n klein maar goedbestuurde museumpie wat die storie vertel van die vloed wat 'n groot deel van Laingsburg weggespoel het toe die Buffelsrivier in 1981 skielik afgekom het. Talle mense het verdrink, en oorlewendes het tot sover as die Floriskraaldam, 20km weg uitgespoel en is daar gered.
Anysberg moet seker tel as een van die mees afgeleë kampplekke in Suid Afrika. Dis letterlik 'in die middel van nérens' - die naaste dorpe, Montagu en Laingsburg, is elk sowat sewentig stamperige grondpadkilometers ver weg. Maar die ry is die moeite werd - die kampplekke is die gerieflikste van almal waar ons tot dusver gebly het.
Ons het probeer om twee nagte oor te bly by Anysberg, maar kon net plek kry vir die eerste nag. Dis egter so ongelooflik mooi hier dat ons pleit by die vriendelike kamphoof of daar nie dalk 'n kans is dat ons nog 'n nag kan bly nie. Gelukkig is daar iemand wat gekanseleer het, so ja, ons kan twee nagte bly.
Ek vra of Anysberg onlangs rëen gehad het. Ja, sê Marius, die kampbestuurder, en hy loer deur die venster. Hy't gehoor dit rëen op Robertson, wat beteken daar sal so oor twee ure 'n donderstorm hier val. Ek kyk skepties na die horison. Daar's 'n paar wolke so groot soos die spreekwoordelike man se hand, maar niks meer nie.
Daar is vyf kampeerplekke, maar ons is die enigste inwoners die eerste nag. Die kampplekke is van mekaar geskei met 2m-hoë houtheinings vir privaatheid, met 'n kraan naby en vuurmaakplek, tafel en 'n lekker groot sonsambreel. Die ablusieblok lyk splinternuut en daar's regtig niks om oor te kla nie.
Laatmiddag gaan stap ons 'n ent. Ons het net 'n paar honderd meter gevorder met die sanderige grondpaadjie langs toe begin die wind opsteek. Nie ver van ons af nie hang slierte rëen uit die wolke op pad na ons toe. Ons draai om en stap vinnig terug kamp toe. Driekwart-pad daar begin die eerste druppels neerplof. Toe ons by die kampplek aankom gryp ek 'n bottel witwyn, glase en 'n pak chips, en ons zip onsself toe in die tent net toe die hemele met mening oopmaak.
En so beleef ons albei vir die eerste maal in ons lewens 'n behoorlike Karoo donderstorm, kompleet met rukwinde, sluiers rëen en strome roesbruin water wat deur die kampplek stroom. Die Bundutop staan vas en beweeg skaars, en ons bly kurkdroog deur die hele storm. Toe die rëen bedaar klim ons kaalvoet uit en gaan plas soos kinders in die strome water wat deur die veld loop rond. Daar's min dinge wat so vars en heuglik ruik soos die Karoo na 'n ordentlike bui rëen! En die beste van als is dat ons blyplek sy eerste ware toets met lof geslaag het.

anysberg,
bundutop,
camping,
capenature,
flood,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
laingsburg,
south africa,
vloed museum
Friday, June 2, 2017
Dag Vier: Porcupine Camping Ground
Die volgende oggend is ons vroegerig weg om die Sewewekepoort aan te durf. Eers stop ons op Calitzdorp vir 'n bottel wyn or twee by die plaaslike kelder, en vul dan ons voorraad gedroogte vrugterolle aan by 'n padstalletjie. Anderkant Calitzdorp ry ons eers deur die Huisriverpas en draai dan af op die grondpad wat deur die nou gleuf van Sewewekepoort kronkel. Die stopplekke hier, in teenstelling met die goed ontwikkelde afdraaiplekke in Meiringspoort, is sonder geriewe en baie van hulle is bestrooi met rommel. Dis 'n jammerte op so besonderse roete.
Anderkant die berg is dit nog so dertig kilometer grondpad tot by Porcupine Camping Ground, ons oorstaanplek vir die volgende twee nagte. Ons word hartlik deur die plaaseienaars, Allan en JoyClack ontvang. Ons boomryke kampplek is op die oewer van 'n droë rivierloop, weg van ander kampeerders. Dis die eerste kampplek waar ons ons eie opelug badkamer het, en dis nie lank nie toe arriveer die Allan om die donkie waterverwarmer te kom stook.
Die kampplek is goed toegerus maar het nie elektriese punte of beligting nie. Instede het hulle 'n paar redelike gehawende paraffienlampe waarvan, vind ons later uit, nie een werk nie. Gelukkig het ons ons eie beligting so dis nie 'n probleem nie.
Ons ry die volgende dag Gamkakloofdam toe, so vyftig kilometer weg. Ons was al voorheen daar, maar voor ons gekom het, het ons gehoor die dam is al geruime tyd dolleeg. Die nou, klipbesaaide grondpad na die dam toe loop deur die Bosluiskloofpas, 'n stukkie grondpad wat net-net nie kwalifiseer as 'n 4x4 roete nie.
Die omgewing om die dam is verlate en leeg behalwe vir 'n paar verlepte selfsorghuisies. En ja, behalwe vir 'n klompie klein watergate waar babers nog borrels blaas,en 'n modderpoel reg voor die wal is die dam dolleeg.
Dis 'n aardige gevoel om op 'n vlakte van gebarste modder wat strek so ver die oog kan sien te staan. Ons loop tot in die middel van die dam. Dis doodstil hier, en onwillekeurig voel ek of ek moet bid vir reën. Later voor ons die terugtog aanpak ontmoet ons 'n Waterwese ingenieur wat vertel hoe leeg al die damme van die omgewing is. Môre sal ons by die Floriskraaldam verby ry, en dié dam, sê die ingenieur, is 14% vol - so goed as leeg.

gamkaberg,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
porcupine,
porcupine camping ground
Thursday, June 1, 2017
Dag Drie: Gamkaberg Natuurreservaat
Ons klim stram-stram die volgende dag uit die tent en beskou die wêreld. Die blare van die populierbos lê so dik op die grond dat mens nie al die kamplekke kan uitmaak nie, maar daar kan nie meer as vier of vyf wees nie. Daar's nie veel hier om voor te talm nie en dis nog nie eers nege-uur toe ons weer in die pad val op pad Meiringspoort toe. Gevolgtrekking - El Yolo One dien sy doel as 'n oornagplek, maar nie veel meer nie.
Ons trek 'n paar keer af in die indrukwekkende en dramatiese Meiringspoort om skoene uit te trek en met ons voete in die yskoue bergstroomwater te sit. Dis ook uitstaande kiekie-wêreld dié, en ek spandeer heelwat tyd om fotos te neem en bietjie te eksperimenteer met my visooglens.
Toe ons deur die poort is debateer ons of ons by die Groenfontein grondpad gaan afdraai, en of ons gaan aanry en aansluit by die R62 tot waar die pad uitdraai na die Gamkaberg Natuurreservaat waar ons vanaand gaan oorstaan. Ons bel die selnommer vir Gamkaberg om te hoor hoe laat hulle toemaak, maar dit klink na 'n verkeerde nommer. So ons hou maar met die teerpad langs, versigtig vir laatkom na gisteraand se misrekening.
Dis net na drie-uur die middag toe ons voor die Gamkaberg Natuurreservaat se hek stop. Daar's niemand om vir ons oop te maak nie, en ons bel weer, met dieselfde gevolgtrekking. Gelukkig kom 'n bakkie aan van die ander kant af - die kampopsigter het ons stellig reeds lank sien aankom vanuit sy huis teen die berghang. Dit blyk dat ons die verkeerde nommer gebel het. Ons fout.
Die kampplek by Gamkaberg is goed ingerig en amper pynlik netjies. Daar is net twee kampplekke, en ons is die enigste inwoners vir vanaand. Elke kampplek het 'n sementblad vir tentopslaan, 'n afdakkie met twee gemakstoele en 'n lekker groot hout tafel. Net oorkant ons kampplek is 'n gerieflike gemeenskaplike braai-area, en ons besluit dis waar ons vanaand gaan kosmaak. Die ablusieblok is 'n ent se stap met 'n beligte voetpaadjie weg maar is skoon en modern. Die uitsig oor die omringende Karoo-berge uit die tent is voortreflik.
Dis 'n stil, wolklose aand. Nadat ons elkeen 'n smul lekker bord groentebredie uit ons bloedrooi driepootpotjie genuttig het, skakel ek al ligte in die kampplek af om 'n foto te neem van die Melkweg. Voor ek gaan inkruip sit ek 'n rukkie die heelal en beskou. Hoe bevoorreg is ons om die hemelruim so perfek te kan sien hier in die Kleinkaroo!
Die volgende oggend word ons vroeg gegroet deur 'n alomteenwoorde Janfrederik, 'n paar s
Spekvretertjies en 'n ongewoon mak Bokmakierie. Dis nog 'n vreugde van kamp - om elke oggend die kampeerterrein se voëls te ontmoet.
Ons staan twee aande oor hier, en besluit om vandag die grondpaaie waarvoor ons nie gister tyd gehad het nie te gaan verken. Ons ry deur skilderagtige valleie met vrugteboorde wat pryk in herfskleure van vele skakerings. Ons eet middagete by Kobus se Gat, 'n eetplekkie aan die voet van die Swartbergpas. Die pas het kort gelede verspoel, verneem ons, en is gesluit. Dis 'n jammerte, van dié pas is vir my een van die mees skilderagtige roetes in Suid Afrika. Ons draai half-bek-af om en ry stadig terug kampplek toe.

africa,
bundutop,
camping,
capenature,
gamkaberg,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
off the beaten track,
outdoors,
south africa,
tourism
Subscribe to:
Posts (Atom)