Omdat ons kampterrein 'n boomkoepel het, is ons tweede battery die volgende oggend voor ons ry dolleeg, en ek moet eers die Landrover 'n ruk laat loop om die battery te laai sodat ons die daktent kan laat sak. Ek wonder wat sal gebeur as ons heeltemal sonder batterykrag sit en ons nie die tent kan op- or afgeslaan kry nie...
Voor ons die lang grondpad Anysberg - ons volgende kampeerplek - aandurf, maak ons 'n draai in Laingsburg om na die Vloedmuseum te kyk. Dis 'n klein maar goedbestuurde museumpie wat die storie vertel van die vloed wat 'n groot deel van Laingsburg weggespoel het toe die Buffelsrivier in 1981 skielik afgekom het. Talle mense het verdrink, en oorlewendes het tot sover as die Floriskraaldam, 20km weg uitgespoel en is daar gered.
Anysberg moet seker tel as een van die mees afgeleë kampplekke in Suid Afrika. Dis letterlik 'in die middel van nérens' - die naaste dorpe, Montagu en Laingsburg, is elk sowat sewentig stamperige grondpadkilometers ver weg. Maar die ry is die moeite werd - die kampplekke is die gerieflikste van almal waar ons tot dusver gebly het.
Ons het probeer om twee nagte oor te bly by Anysberg, maar kon net plek kry vir die eerste nag. Dis egter so ongelooflik mooi hier dat ons pleit by die vriendelike kamphoof of daar nie dalk 'n kans is dat ons nog 'n nag kan bly nie. Gelukkig is daar iemand wat gekanseleer het, so ja, ons kan twee nagte bly.
Ek vra of Anysberg onlangs rëen gehad het. Ja, sê Marius, die kampbestuurder, en hy loer deur die venster. Hy't gehoor dit rëen op Robertson, wat beteken daar sal so oor twee ure 'n donderstorm hier val. Ek kyk skepties na die horison. Daar's 'n paar wolke so groot soos die spreekwoordelike man se hand, maar niks meer nie.
Daar is vyf kampeerplekke, maar ons is die enigste inwoners die eerste nag. Die kampplekke is van mekaar geskei met 2m-hoë houtheinings vir privaatheid, met 'n kraan naby en vuurmaakplek, tafel en 'n lekker groot sonsambreel. Die ablusieblok lyk splinternuut en daar's regtig niks om oor te kla nie.
Laatmiddag gaan stap ons 'n ent. Ons het net 'n paar honderd meter gevorder met die sanderige grondpaadjie langs toe begin die wind opsteek. Nie ver van ons af nie hang slierte rëen uit die wolke op pad na ons toe. Ons draai om en stap vinnig terug kamp toe. Driekwart-pad daar begin die eerste druppels neerplof. Toe ons by die kampplek aankom gryp ek 'n bottel witwyn, glase en 'n pak chips, en ons zip onsself toe in die tent net toe die hemele met mening oopmaak.
En so beleef ons albei vir die eerste maal in ons lewens 'n behoorlike Karoo donderstorm, kompleet met rukwinde, sluiers rëen en strome roesbruin water wat deur die kampplek stroom. Die Bundutop staan vas en beweeg skaars, en ons bly kurkdroog deur die hele storm. Toe die rëen bedaar klim ons kaalvoet uit en gaan plas soos kinders in die strome water wat deur die veld loop rond. Daar's min dinge wat so vars en heuglik ruik soos die Karoo na 'n ordentlike bui rëen! En die beste van als is dat ons blyplek sy eerste ware toets met lof geslaag het.
Monday, June 5, 2017
Dag Vyf: Anysberg Natuurreservaat
Labels:
4x4,
accommodation,
anysberg,
bundutop,
camping,
capenature,
flood,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
laingsburg,
south africa,
vloed museum
Friday, June 2, 2017
Dag Vier: Porcupine Camping Ground
Die volgende oggend is ons vroegerig weg om die Sewewekepoort aan te durf. Eers stop ons op Calitzdorp vir 'n bottel wyn or twee by die plaaslike kelder, en vul dan ons voorraad gedroogte vrugterolle aan by 'n padstalletjie. Anderkant Calitzdorp ry ons eers deur die Huisriverpas en draai dan af op die grondpad wat deur die nou gleuf van Sewewekepoort kronkel. Die stopplekke hier, in teenstelling met die goed ontwikkelde afdraaiplekke in Meiringspoort, is sonder geriewe en baie van hulle is bestrooi met rommel. Dis 'n jammerte op so besonderse roete.
Anderkant die berg is dit nog so dertig kilometer grondpad tot by Porcupine Camping Ground, ons oorstaanplek vir die volgende twee nagte. Ons word hartlik deur die plaaseienaars, Allan en JoyClack ontvang. Ons boomryke kampplek is op die oewer van 'n droë rivierloop, weg van ander kampeerders. Dis die eerste kampplek waar ons ons eie opelug badkamer het, en dis nie lank nie toe arriveer die Allan om die donkie waterverwarmer te kom stook.
Die kampplek is goed toegerus maar het nie elektriese punte of beligting nie. Instede het hulle 'n paar redelike gehawende paraffienlampe waarvan, vind ons later uit, nie een werk nie. Gelukkig het ons ons eie beligting so dis nie 'n probleem nie.
Ons ry die volgende dag Gamkakloofdam toe, so vyftig kilometer weg. Ons was al voorheen daar, maar voor ons gekom het, het ons gehoor die dam is al geruime tyd dolleeg. Die nou, klipbesaaide grondpad na die dam toe loop deur die Bosluiskloofpas, 'n stukkie grondpad wat net-net nie kwalifiseer as 'n 4x4 roete nie.
Die omgewing om die dam is verlate en leeg behalwe vir 'n paar verlepte selfsorghuisies. En ja, behalwe vir 'n klompie klein watergate waar babers nog borrels blaas,en 'n modderpoel reg voor die wal is die dam dolleeg.
Dis 'n aardige gevoel om op 'n vlakte van gebarste modder wat strek so ver die oog kan sien te staan. Ons loop tot in die middel van die dam. Dis doodstil hier, en onwillekeurig voel ek of ek moet bid vir reën. Later voor ons die terugtog aanpak ontmoet ons 'n Waterwese ingenieur wat vertel hoe leeg al die damme van die omgewing is. Môre sal ons by die Floriskraaldam verby ry, en dié dam, sê die ingenieur, is 14% vol - so goed as leeg.

gamkaberg,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
porcupine,
porcupine camping ground
Thursday, June 1, 2017
Dag Drie: Gamkaberg Natuurreservaat
Ons klim stram-stram die volgende dag uit die tent en beskou die wêreld. Die blare van die populierbos lê so dik op die grond dat mens nie al die kamplekke kan uitmaak nie, maar daar kan nie meer as vier of vyf wees nie. Daar's nie veel hier om voor te talm nie en dis nog nie eers nege-uur toe ons weer in die pad val op pad Meiringspoort toe. Gevolgtrekking - El Yolo One dien sy doel as 'n oornagplek, maar nie veel meer nie.
Ons trek 'n paar keer af in die indrukwekkende en dramatiese Meiringspoort om skoene uit te trek en met ons voete in die yskoue bergstroomwater te sit. Dis ook uitstaande kiekie-wêreld dié, en ek spandeer heelwat tyd om fotos te neem en bietjie te eksperimenteer met my visooglens.
Toe ons deur die poort is debateer ons of ons by die Groenfontein grondpad gaan afdraai, en of ons gaan aanry en aansluit by die R62 tot waar die pad uitdraai na die Gamkaberg Natuurreservaat waar ons vanaand gaan oorstaan. Ons bel die selnommer vir Gamkaberg om te hoor hoe laat hulle toemaak, maar dit klink na 'n verkeerde nommer. So ons hou maar met die teerpad langs, versigtig vir laatkom na gisteraand se misrekening.
Dis net na drie-uur die middag toe ons voor die Gamkaberg Natuurreservaat se hek stop. Daar's niemand om vir ons oop te maak nie, en ons bel weer, met dieselfde gevolgtrekking. Gelukkig kom 'n bakkie aan van die ander kant af - die kampopsigter het ons stellig reeds lank sien aankom vanuit sy huis teen die berghang. Dit blyk dat ons die verkeerde nommer gebel het. Ons fout.
Die kampplek by Gamkaberg is goed ingerig en amper pynlik netjies. Daar is net twee kampplekke, en ons is die enigste inwoners vir vanaand. Elke kampplek het 'n sementblad vir tentopslaan, 'n afdakkie met twee gemakstoele en 'n lekker groot hout tafel. Net oorkant ons kampplek is 'n gerieflike gemeenskaplike braai-area, en ons besluit dis waar ons vanaand gaan kosmaak. Die ablusieblok is 'n ent se stap met 'n beligte voetpaadjie weg maar is skoon en modern. Die uitsig oor die omringende Karoo-berge uit die tent is voortreflik.
Dis 'n stil, wolklose aand. Nadat ons elkeen 'n smul lekker bord groentebredie uit ons bloedrooi driepootpotjie genuttig het, skakel ek al ligte in die kampplek af om 'n foto te neem van die Melkweg. Voor ek gaan inkruip sit ek 'n rukkie die heelal en beskou. Hoe bevoorreg is ons om die hemelruim so perfek te kan sien hier in die Kleinkaroo!
Die volgende oggend word ons vroeg gegroet deur 'n alomteenwoorde Janfrederik, 'n paar s
Spekvretertjies en 'n ongewoon mak Bokmakierie. Dis nog 'n vreugde van kamp - om elke oggend die kampeerterrein se voëls te ontmoet.
Ons staan twee aande oor hier, en besluit om vandag die grondpaaie waarvoor ons nie gister tyd gehad het nie te gaan verken. Ons ry deur skilderagtige valleie met vrugteboorde wat pryk in herfskleure van vele skakerings. Ons eet middagete by Kobus se Gat, 'n eetplekkie aan die voet van die Swartbergpas. Die pas het kort gelede verspoel, verneem ons, en is gesluit. Dis 'n jammerte, van dié pas is vir my een van die mees skilderagtige roetes in Suid Afrika. Ons draai half-bek-af om en ry stadig terug kampplek toe.

africa,
bundutop,
camping,
capenature,
gamkaberg,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
off the beaten track,
outdoors,
south africa,
tourism
Saturday, May 27, 2017
Dag Twee: El Yolo One Guest Farm
Die volgende oggend lê ons ekstra lank in ons nuwe slaapplek op die Landrover se dak en koffie drink terwyl ons kyk hoe die stoom oor die Gariepdam se water stadig begin lig. Ons het altwee soos klippe geslaap, en stem saam ons eerste nag in die tent was 'n groot sukses. Teen die tyd dat ons gebrekfis en ablusies gedoen het is dit net na tien. En daar's 'n paar honderd kilometer grondpad wat op ons wag....
Dit help ook nie dat ons eers stop op Richmond en saam met vriende ietsie eet en drink by die Richmond Café nie.
Dis al heelwat na middagete toe ons die grondpad in die rigting van die Swartberge vat. Teen die tyd dat ons deur die stil hoofstraat van Murraysburg ry en weer die vlaktes aandurf op pad Rietbron toe begin dit al skemer raak.
Langs die pad verdwyn eers die kragpale, toe die telefoondraad, en toe die grensdrade. 'n Tyd lank oorweeg ons dit om sommer die plat veld in te ry en iewers te kamp, maar ons het 'n reeds betaalde bespreking by die El Yolo One Gasteplaas naby Klaarstroom, nog 'n goeie 200km verder. Toe ons sel-opvangs op 'n kol kry bel ons hulle. Jammer, ons gaan laat wees, baie laat.
Ek het nog nooit van grondpad in die donker gehou nie, en nou is nie 'n uitsondering nie. Nie 'n kilometer gaan verby sonder dat daar 'n haas, Duiker of Koedoe verskrik voor die karligte begin uithardloop en ek moet aankruie tot die dier sy rigting die veld in kry. Ons ry in die donkerte deur Rietbron, en is gelukkig om net-net die die unieke Springbok windaanwyser op die kerktoring te kan uitmaak. Na Rietbron begin die toestand van die pad stadigaan verswak, en teen die tyd dat ons deur die Soetendalspoortpas gaan, bokspring die Landrover so rond deur die talle droë maar erg verspoelde driffies dat ek nòg stadiger moet ry om te keer dat ons omdop.
Dis al lank na tien-uur toe ons by El Yolo One se hek indraai. Dan is dit nog 'n paar kilometer van vierstrek grondpad voor ons by die pikdonker hoofgebou stop. Daar's nêrens 'n teken van 'n kampplek nie, en ons is weer op die foon na die eienaar. Hy verduidelik die pad - in ons oordeel nie baie goed gemerk nie, en uiteindelik spoor ons die populierbos op waar die kampplek is. Dis hier ook stikdonker, en die kampplek is nie veel meer as 'n oop stukkie grond met 'n braaiplek en 'n kraan nie.
Die ablusieblok is gesluit, en die ligte is almal iewers afgesit ope 'n plek wat ons nie kan vind nie. Ons is weer op die foon na die eienaar. Jammer, maar hy kry nie antwoord by die opsigter nie, sê hy apologeties. Brommerig sit ons die nodigste uit, lig die Bundutop en maak reg vir slaap. Net toe kom 'n bakkie deur die bome aangery. Dis 'n buurman wat 'n sleutel het vir die ablusieblok en weet waar om die ligte aan te skakel. Ons neem elkeen 'n yskoue stort maar is te moeg om kos te maak en val sommer dadelik in die bed.

![]() |
Richmond se hoofstraat. |

EL Yolo One kampeerplek. |
Labels:
4x4,
accommodation,
bundutop,
camping,
el yolo,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
outdoors,
richmond,
south africa
Dag een: Aventura Gariep Dam
Ons is vroegdag uit Johannesburg. Die plan is om die N1 te ry tot by Gariepdam en dan daar oor te slaap. Ons het niks daar bespreek nie, maar die Aventura oord se kampplek lyk heel aantreklik, so dis die mikpunt.
Dis 'n weeksdag buite vakansie, so die pad is stil en ons vorder goed. Laatmiddag draai ons by die Aventura oord in en klop by die ontvangslokaal aan. Die vriendlike man agter die toonbank sê ja, daar's hope plek, ons kan die staanplek naaste aan die dam se waterkant kry.
Soos 'n hond wat lêplek soek draai ons die Landrover dan hierdie kant toe, dan soontoe hom seker te maak ons het die beste uitsig oor die dam uit die tent as ons moreoggend wakker word. Dis mos deel van die prys wat ons betaal: 'n uitsig vanuit al vier kante van die tent. Die staanplek is 'n lekker dik grasperk, met elektrisiteit en 'n gerieflike braaiplek. Die ablusieblok is 'n bietjie verouderd maar ruim en skoon. Meeste van die ander kampers is oumense in 'motorhomes' en groot karavane, en die hele tyd wat ons daar staan het ek die ablusieblok vir myself.
Die eerste opslaan van die tent verloop glad: Adeline druk die 'op' knoppie, en siedaar! ons het slaapplek vir die nag. Die sagte brom van die motortjie wat die opslaan doen draai 'n paar koppe van ander kampeerders, maar andersins trek ons nie veel aandag nie.
Die tent voldoen volkome aan ons verwagtinge. Dis snoesig, ruim en gerieflik met die ingeboude liggie en 12V kragpunt. Ons gaan slaap vroegerig, en voor jy kan sê 'daktent' is ons altwee in droomland.
Ons gradering: 7/10
Gaan ons terugkom? Ja

dam,
gariep,
kamp,
kampeer,
kampeerterrein,
karoo,
off the beaten track,
outdoors,
south africa
Kampeer / Camping Stories
Note to English-speaking visitors: I've done the camping in South Africa blog entries in Afrikaans, for the simple reason that most people who camp in South Africa are in fact Afrikaans-speaking. Perhaps it's the Voortrekker frontiersmen heritage that keeps them yearning to move from place to impermanent place. Perhaps it's their instinct for adventure and the wild outdoors. In a nation of less than four million Afrikaans-speakers, there's enough media space for about a dozen outdoor magazines - five of which are published in Afrikaans. But don't fear, Google Translate is your friend. I hope you enjoy reading about what a wonderful country South Africa is to explore while camping!
Ek en Adeline was nog nooit eintlik kampers nie. Wel, ja, ons het so nou in dan 'n tent saamgekarring op 'n familievakansie, maar dit was teen wil en dank, want die gesamentlike besluit was altyd: Ons kamp. So ons moet maar saam kamp. Maar die feit dat mens altyd so vuil en gesweet is na tent op-en-afslaan dat jy van vooraf moet stort en skoonmaak het ons nooit aangestaan nie.
Ons was altyd nog huisie-mense. Die huisies van SANparks, KZN Wildlife en ander plekke is dié waar ons nog altyd oorgebly en vakansie gehou het. Maar deur die jare het die pryse opgekruip tot die punt waar ek myself afgevra het of 'n bed, badkamer en kombuis rêrig R1000 of meer 'n nag werd is.
Ons is gladnie sleepmense nie, so 'n boswa of a ding is buite die kwessie. Ek het al teveel gesien hoe spook en spartel kampers met waens om die ding staan te maak - kamp opslaan vat maklik 'n uur of twee vir hulle tyd. So dit was nie die oplossing nie.
Nie lank gelede het ons op 'n skou die antwoord raakgesien: 'n Daktent vir mense soos ons. Die Bundutop is nie net ruim, en gerieflik nie, maar hy't 'n eienskap wat hom 'n wenner maak: Hy slaan elektries op. Jy druk 'n knoppie, en tien sekondes later staan jou tent reg. Die Landrover is ook sommer aansienlik leër omdat ons al ons beddegoed in hom kon sit.
Natuurlik is die outjie nie goedkoop nie. En na die nuwe dakrak, ekstra battery, Howling Moon Swing Awn, batterystelsel en sonpaneel bygegetel is sal ek maar nie sê wat dit ons gekos het om kampgereed te wees nie. Om nie te praat van die fênsie hyskraan wat ek by die huis sal moet opsit om die gedoente op en af van die voertuigdak te kry nie. Dit gaan 'n paar jaar se kamp kos om die kostes te verhaal, maar nou's ons twee professionele kampers!
In Mei 2017 was ons vier weke gelede weg op die eerste uittoets van ons nuwe kamp slaapplek - 'n drie-weke-lange grondpad toer deur die Karoo. Ons het 'n paar kampplekke bespreek, maar ander dae sou ons sommer net kyk waar ons kom.
Hier's die verhaal van ons, die langpad en die Bundutop.
Ons kamp nou ernstig

Thursday, December 29, 2016
The joys of hosting an AirBnB place
It's now just on two years that we have been on AirBnB, where we host the Aloe Cottage, our one bedroom garden apartment. At last count, visitors from 26 countries have stayed with us.
Now, let me say up front, running an AirBnB place is hard work.
That's if you're serious about it, which most AirBnB hosts aren't. A while ago we had to relocate a guest after we had an unexpected power outage. We contact five or six AirBnB hosts in the area, and only two bothered to reply, the one only two days later. In the end we booked them into a guest house, because we simply weren't sure of the quality we'd get at the available AirBnB places.
A few weeks ago Adeline spent a weekend in Cape Town and stayed at an AirBnB place. She should have known it was going to be less than ideal when most of the online reviews complained about the intermittent wi-fi. But she didn't expect to open the door one morning and see the host's husband prancing around in his boxers! The same host approached Adeline afterwards, asking for tips on how to improve her rating. Start by dressing your husband properly in the morning, and then invest in an uncapped ADSL line, Adeline said.
Spring cleaning the cottage after each guest, doing laundry, and being on point when they arrive - sometimes hours later than they said they'd pitch up - is hard work. To be sure, we spoil our guests, which adds to the chores. There's juice on arrival, flowers, a bottle of wine, a bowl of fruit and a jar of cookies, and that's only a partial list of extras. Recently guests of ours who were traveling the world asked about hairdressers and dentists, and we booked their appointments. We've run many guests to Gautrain station a few kilometers away, just to save them the Uber ride.
With the number of AirBnB places growing in double digits, you have to go the extra mile to be on top.
But the work that one has to put in is far outstripped by the sheer pleasure derived from seeing guests enjoying their stay. How do you know your guests are having fun? Here's a clue: If a young couple checks in after a long flight and don't show up for three days, you know they're happy :). If you see a guests sitting under a tree in the garden with a laptop, catching up on their blogging, you know they're content. I mean, they could also be sitting in a coffee shop, but they choose not to.
Here are a few of the things we find guests are most appreciative of, and will help ensure a glowing review after they've left.
- The one thing most guests mention is our garden. We don't have a large, expansive garden, but there are five water features, which I think are the things that attract attention.
- A well-equipped kitchen. It's really just a small nook with a plate stove, fridge and microwave, but we can see the utensils, pots and pans are well-used, especially by those staying for more than a few days. (Which is also why we went to Mr Price Home this weekend and replaced the worn utensils!)
- The informal lecture on what to see, where eat, and what to do. We have a full range of brochures, but find that the 'knowledge sharing' we do is much appreciated. We've even worked out a country-wide road trip for a German couple who wanted to tour SA.
- Reliable Internet. This is really a given, but nothing makes a guest turn nasty like dodgy or no Internet access.
- A largish table. We have a six seater table in the kitchen/dining room, and we see guests with their laptops all the time. Basically, they appreciate work space.
- Safe, off-street parking. Especially in Joburg!
- Flexible check-in. From experience we know how much it means when you arrive on a 6am flight in a foreign city with the knowledge that you can check into an AirBnB place straight away. We've had guests arrive at all hours, and seeing the relief on their faces when we open the door shows they appreciate that flexibility.

airbnb,
johannesburg,
south africa
Subscribe to:
Posts (Atom)